Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on March 27, 2020, 10:27:15 PM

Title: In misgewaad
Post by: adele on March 27, 2020, 10:27:15 PM
op die naaste berghorison
in misgewaad toegevou,
breek die nuwe dag aan;
frummel die nag se swart
tussen sy kloofvingers
tot duisend skakerings van grys
en tussen venus
en ‘n halwe maan
gryp ‘n dowwe ster na my,
sleep my saam
na ’n wegkruipplek
‘n ruimte in die ewigheid
tussen die verste swart gate
waar geen sonligstraal
my diepste seer
in ewigheid
sal kan gaan haal

©adéle theron
Title: Re: In misgewaad
Post by: PM on September 13, 2021, 12:46:16 AM
Ek sien hierdie pragstuk van jou is al oor die 500 kere gelees.  So dink ons dat ons gegriffeltjies ongesiens verby gaan, maar ek belowe jou, dit doen nie.
Dankie dat jy jou skrywes met ons deel lief matertjie.  Ek waardeer elke woord.