Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on April 12, 2012, 06:42:11 AM

Title: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Angelica on April 12, 2012, 06:42:11 AM

Dis daar
ja, sowaar, dis DAAR
dit was nie gister daar nie
waar?
daar man, daar!!
langs my linker oog
vir almal om te sien
diep, soos ‘n kloof     uitgekerf
o, hoe wreed is die ouderdom
die skete en plooie wat daarmee saam kom
stram en seer die hele lyf
die heup is uit potjie, jy kan die ongemak nie beskryf
dis brille en pille, Dr moet net gou check
dis voorskrifte by die dosyne, ek word heeltemal  GEK
daars ‘n raat vir elke siekte en skeet
van Ouma se honnepisbossie-tee
tot koeispeensalf aan hakke te smee
ek maak waansinnige planne
idees en sommetjies     en kners op my tanne
my bankbalans is hopeloos vêr in die ROOI
maar ek kan regtig nie so lyk
so……    baie minder mooi!!

     Meneer die bestuurder,  groot asseblief
     Goed mevrou,   gaan tog net nou

Dis bietjie eina
dis naaldprikkie seer
maar, yippee, toe ek daar uitkom
kon ek nie smile nie, nee glad nie meer
maar ek het geen meer plooi
ek is nou ‘n Botox-nooi!!

©Elsabé
 
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: PM on April 12, 2012, 08:51:00 AM
 :icon_biggrin: Baie oulik Elsabé!  Die humor laat my die dag blinkoog begin. 
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Naas on April 12, 2012, 10:22:59 AM
Lekker giggel Nasie nou binne in sy mou.
Dankie Engeltjie. Ek het die Giggeltjies baaaiee nodig gehad.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Trapsoetjie on April 12, 2012, 11:21:04 AM
O hie hie hie ... o griet ... hie hie hie

Dis 'n teer-saak daai kloof, wat nie daar hoor.

 :angel12:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Angelica on April 12, 2012, 06:52:45 PM
Nee maar ek is bly julle giggel so lekker.
Julle sal hyl!! as julle moet sit vir Botox. 
Wie van julle is al ge-Botox?

Dankie vir die lees.  Ek waardeer.
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Meraai vannie Baai on April 13, 2012, 01:36:32 AM
Nog nie kennis gemaak met dit nie Angelica maar elke keer as ek op hierdie erf 'n draai gemaak het is ek opgekreukel van die lagplooie en sou ek dus lankal kon doen met so treat-virrie-pleats  :icon_bigsmurf:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Angelica on April 13, 2012, 06:44:07 AM
Oooo... lag ek nou virrie treat-virrie-pleat.

Lekker dag aan almal.
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: PM on April 13, 2012, 10:28:09 AM
Ag nee wat, dit sal my niks help nie.   :evil6: Dit gaan te lank vat en te duur wees om al my plooie uit te stryk. 
Dit laat my dink aan die oom wat gegaan het om al die velle en kreukels uit te sny.  Die dokter het sommer, aangesien die ou oom tog nie meer hare gehad het nie, al die los velle sommer boontoe getrek, afgesny en mooi netjies toegewerk.
Toe sy vrou hom sien, vra sy vir hom:  Waar kry jy daardie das!
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Ah Willa on April 19, 2012, 10:06:39 AM
ek hou liewers die plooie - dit se ek had gelewe toe ek moes lewe :-) 

pragtige gedig!!
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Meraai vannie Baai on July 03, 2015, 10:22:07 AM
En hier, op die spoor van ons naamlose gaste dink ek vanaand - dit het tyd geword dat 007 weer woorde en lyne begin gaps. Hier is my eerste een - ek hou liewers die plooie - dit se ek had gelewe toe ek moes lewe!  :notworthy: Buig die hoof en knak die knieg Willa!
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Angelica on July 04, 2015, 06:05:21 PM
Ek moet se, ek het heelwat meer plooie as tien jaar gelede.
Hoe gebeur dit so oornag... (van wanneer af is 10jr oornag?)
Geen grand plooiroom kon hond haaraf maak met my vel nie.
Het 'n tekort aan terugrek-stof in my vel...  :toothy4:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Meraai vannie Baai on July 06, 2015, 05:36:11 AM
Elle elke keer as ek jou naam sien gaan ek dink aan die verouderingskeet - "Terugtrekstoftekort" :toothy4: :headbang:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: PM on July 08, 2015, 04:07:32 PM
Ja nê?  Ek is een voor.  Het nog nooit geglo in "plooisalf" nie.  Dit is duur, baie moeite en dit werk net nie.   :nono:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Angelica on July 09, 2015, 04:20:00 AM
Ek stem.. dit werk net tot jy in die spieel kyk.
Ek het 'n baie goeie raat:  stop die vetselle tot barstens toe vol, dan het jy nie roompies nodig nie.
Maat boeta!!!!, moenie gewig verloor nie, want as daai vetsell afblaas.. is jy oornag plooierig.
Meraai..  :color:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Naas on July 09, 2015, 08:43:46 AM
Ek verwys na hulle as vroulike wysheidsblaadjies. Ek sukkel om ouer vrouens sonder plooie ernstig op te vat want facelifts is vir my onnatuurlik. Daardie plooitjjies is oor die jare swaar verdien, DRA hulle met trots.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Meraai vannie Baai on July 09, 2015, 09:24:54 AM
 :sign10: My gesig het ekstra pleats van al die lag en julle humoristiese plasings en speel met woorde help beslis nie dat ek minder lag nie  :icon_bigsmurf:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Meraai vannie Baai on July 09, 2015, 11:06:14 AM
NAAAAS!! Jy gaan tjoekie toe. Sit ek skelm agter die skerm en wag op jou kommentaar hier en toe ek weer kom loer, is jy woordloos weg  :icon_scratch:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Naas on July 09, 2015, 07:21:48 PM
Ek moet maar my woorde tel hier tussen die henne. Gelukkig weet ek die meisies op die forum is pragtag geplooi en wys gegroei.
Ons huis vir bedaardes het 'n geselin klub vir bejaardes gestig. Die klub se naam is 'Nooi 'n plooi' Hulle hou elke jaar 'n partytjie genaamd plooipret. Op die partytjie is daar beoordeelaars wat 'n Mev. Plooi kies. Die tweestuk swemdrag rondte is die gewildste deel van die kompetiesie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Meraai vannie Baai on July 10, 2015, 09:08:42 AM
Al die kleinkinders kom loer om die hoek waarom giggel Ouma sonder ophou  :icon_biggrin: Naas, jy is enig in jou soort liefste mater  :hello2:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Angelica on July 11, 2015, 02:10:42 AM
Ek wil genooi wees na daai Mej Plooi-kompetisie.
Ek sal loshande wen.
Is Naas die enigste Haan op die Forum?
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Meraai vannie Baai on July 11, 2015, 03:04:49 AM
Dit wil so voorkom Angelica, sit ek nou weer en lees deur al die heerlike kuiersessies wat jou ABC-dis ons verskaf het tot nou toe. Loer na die aantal kere gelees!
655 :love7: :notworthy:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Angelica on July 11, 2015, 10:39:38 AM
Wat is die ABC-dis waarvan jy praat, Meraai?? :icon_scratch:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Anastasia on July 11, 2015, 07:41:05 PM
Ek het nie so baie plooie nie, die vetjies vul dit mooi op!   :bunny:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Naas on July 12, 2015, 01:41:36 AM
Angeltjie, Ta Raaitjie bedoel dat jy die ABC gebruik het om ons met woorde te vermaak. En dit was lekker en dit was vullend.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Meraai vannie Baai on July 12, 2015, 02:15:14 AM
Naas is reg  :toothy4: Ek bedoel dankie baie baie vir jou woordskepping ('n ABC-dis) oor die ydelheid van die Vrou waar ons kommentaargewys, so lekker saamgekuier het.
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Angelica on July 12, 2015, 04:11:45 AM
Blonde-oomblikke oorval my al meer en meer deesdae.
Moet ouderdom-toetrede wees.
Ja, beslis.
Title: Re: O, die Ydelheid van die Vrou...
Post by: Meraai vannie Baai on July 12, 2015, 10:17:11 AM
 :icon_biggrin: :icon_salut: