Author Topic: moer koffie  (Read 5047 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
moer koffie
« on: September 24, 2011, 03:25:24 PM »
EK SAL OOK VIR EWIG GENEES WEES VAN KOFFIE EN TEE !

 Die waarheid is gewoonlik baie erger as fiksie en die volgende ware storie is genoeg om enige mens twee keer te laat kyk na wat mens eet en drink by die werk.

Enige Bank, Poskantoor of Prokureur het maar ‘n bode wat allerhade los werkies ok moet doen, soos om die pos te gaan haal, toilette skoon te maak, vloere te mop en in die meeste gevalle sommer koffie en tee vir die kantoor personeel te maak.

Veral in onse ou klein dorpie Moerlandspan waar ek vandaan kom is die enigste bode sommer alles en mens sien hulle sommer heel dag so beweeg tussen al die plekke waar niemand lus voel om heen te loop nie.
Die lede van ons eie Bank, en hier kan ek beslis nie die naam noem nie, was elke dag stiptelik op hul pos van die Bestuurder tot die Bode.

Ou Simon die bode was soos baie ander bodes, maar effens van ‘n slons, of die mooi woord is ‘n regte ou vuilgat. Rooi gesuipte oë, goud-geel tande van al die BB twak wat hy met koerant papier rook, stukkend uniform (want hy verkoop die nuwes), en ‘n natuurlike klankie wat genoeg is om die meeste mense te laat sidder.

Die dames in die kantoor het gedurig gekla oor Simon so vrot afstof, nie mooi skoonmaak nie, en daai klankie van hom was een te veel! So, soggens nadat Simon almal se koffie gemaak het, het hulle hom dadelik soveel takies moontlik gegee om hom net uit die bank te kry, wat Simon natuurlik erg misbruik het, en meestal vol papsak wyn onder ‘n boom lê en slaap het, altyd sonder sokkies.

Die klankie was afkomstig van Simon se besondere liefde vir hard gekookte eiers, waarvan hy elke liewe dag ten minse ses verorber het met middag ete, afkomstig van sy eie henne wat skrop om sy kaia in die lokasie.
Dis todat Koos, die nuwe Bank bestuurder een dag uit pure moedeloosheid die besemkas agter in die bank loop oop ruk het op soek na skoonmaakmiddels, dat hy op iets vreemd deur die agter ruit afgekom het.

Rustig aan die slaap lê ou Simon onder die boom vol hard gekookte eiers en ‘n paar nat sokkies is opgehang aan die venster se diefwering, daar agter waar niemand ooit kom nie.
Koos het een en een bymekaar gesit en die volgende oggend vir Simon bekruip oral waar hy gaan en tot sy ewige spyt gesien wat daar gebeur.

Die bank het so ‘n 15 Liter blink staal Urn met styf passende deksel wat sommer heel dag so staan en prut vir koffie water en dis nou hier waar die groot kots vir Koos kom staan en wag het.

So kom Simon toe in en gaan tap die urn vol water, skakel hom aan en gaan sit al te rustig op die stoel langs die tafel.
Mooi pak Simon 6 ROU eiers uit ‘n tassie op die tafel en maak sy skoen veters los.
Daarna trek hy sy sokkies uit en plaas 3 eiers in elke sokkie en hang elke sokkie vernuftig oor die rand van die urn in die koffie water en knyp hulle met die deksel vas.

Soos die koffie water kook, so kook Simon se eiers, en kry sy sokkies sommer ‘n lekker was ook.
Koos sê nadat hy sy laaste stuk dikderm uitgekots het, en die res van die personeel mekaar vertrap het om hulle mangels te loop uitskeur voor die toilet het hulle ou Simon dik gemoer en summier op pensioen gesit.
Tot vandag toe staan daai urn in die stoor en drink die personeel bottel water en koeldrank !!!

Dis nou regte moer koffie, om GE-MOER te word oor koffie!
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: moer koffie
« Reply #1 on: September 24, 2011, 04:19:09 PM »
Nee, verdomp Lox. Ek is nog onder doktersbehandeling vir bloedklonte in die longe en Erge asma nou laat jy nog dat ek die bietjie asem wat ek het uitlag.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: moer koffie
« Reply #2 on: September 24, 2011, 05:25:02 PM »
Houtgerus!  Lekker koffie!   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: moer koffie
« Reply #3 on: September 24, 2011, 05:39:10 PM »
hehehehe  :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: moer koffie
« Reply #4 on: September 24, 2011, 05:45:12 PM »
Chichi, het jy nog nie vir jou 'n gatseggie gekies nie?  Kies een toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: moer koffie
« Reply #5 on: September 24, 2011, 08:32:50 PM »
maar  daar is so baie om van te kies
*The one and only AWESOME-EST


Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: moer koffie
« Reply #6 on: September 25, 2011, 11:51:40 AM »
Houtgerus!  Lekker koffie!   :sign10:

geniet ek nou weer ons taal
houtkop het ook lekker gerus.

PM, kan jy ons gesiggies wat nie deel is van hierdie reeksie hierbo nie, ook daar plaas? soms wil my rekenaar nie die ander oopmaak nie, of dit is tydsaam om dit elke keer te doen. 

 :grommit:
« Last Edit: September 25, 2011, 11:53:35 AM by adéle »
adéle  :grommit:

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: moer koffie
« Reply #7 on: September 25, 2011, 12:25:37 PM »
Ek dink dit is 'n goeie idee!!

« Last Edit: September 25, 2011, 07:31:19 PM by Chichi »
*The one and only AWESOME-EST


Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: moer koffie
« Reply #8 on: September 25, 2011, 12:38:19 PM »
ja die water word dubbeldoel gebruik.......kook eiers en maak koffie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: moer koffie
« Reply #9 on: September 25, 2011, 03:26:12 PM »
hehe lox ek het gepraat van die gesiggie idee
*The one and only AWESOME-EST


Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: moer koffie
« Reply #10 on: September 25, 2011, 04:47:28 PM »
Ok sorry, maar hoe verander ek my profiel foto, ek soek maar kry niks plek om te verander nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: moer koffie
« Reply #11 on: September 25, 2011, 05:08:59 PM »
click op die skakel "profile'', wanneer dit klaar geload het, click op die linkerkant van die bladsy op die skakel "Forum Profile Information" en daar kan jy dit doen!
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: moer koffie
« Reply #12 on: September 25, 2011, 07:25:51 PM »
Dit is reg so Annie, ek wag vir Stoffie om 'n bietjie uit te rus na sy lang swoeg en sweet, dan maak ons so.
Om te weet is om te verstaan.