Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on August 10, 2018, 11:52:03 PM

Title: Maraton 2018
Post by: adele on August 10, 2018, 11:52:03 PM
Dis vrystaatkoud soos dit net hier kan wees ....  :toothy4:  ons soek nou warmte terwyl ons eet ...
Title: Re: Maraton 2018
Post by: Meraai vannie Baai on August 10, 2018, 11:55:32 PM
Ek stuur 'n warm koppie groentesop en varsgebakte broodjie vir julle hoor. Matertjie, is hier fotos by? Ek sien daar is 'n attachment maar die uwe se tikker wys net jou koudkry woorde  :icon_biggrin:
Title: Re: Maraton 2018
Post by: adele on August 11, 2018, 10:16:51 AM
Nog ...
Title: Re: Maraton 2018
Post by: Anton Louw on August 11, 2018, 10:50:15 AM
Ek was in die Voortrekkers gewees van sub A tot matriek.   Het darem hoofleierswag bereik, maar ek was glo te stout om die Presidentsverkenner kenteken te kry.
Inelkgeval, dit was die einigste kere wat ek bloodgestel was aan sulke tipe danse soos in die foto's hierbo.  Dit lyk darem of julle warm genoeg aangetrek is?
Title: Re: Maraton 2018
Post by: adele on August 12, 2018, 08:27:09 AM
Ons was warrrm aangetrek gewees, maar dit het nie veel gehelp wanneer ons gaan eet het of koffie-pouse gehad het nie. ons is teen kwart voor ses klaar en gegroet gewees en op pad. Drie van die jong meisies het saam met ons Brandfort toe gery, maar ja, die stad se liggies was nog helder, toe slaap hul al saggies. Ken ek dit nie, ai, om jonk te wees ....
Title: Re: Maraton 2018
Post by: adele on August 12, 2018, 08:31:54 AM
Lief Raaitjie, ek weet nie hoe om die foutokies in die blok te kry soos jy nie, hulle lê by "attachments"  :icon_scratch:
Maar ek plaas die "link" hier waar ons ons goed oplaai by die volkspeleblad op gevreetblaadjie. Laat weet seblief of jy daar kan inkom  :toothy4:

https://web.facebook.com/groups/volkspelegroep/
Title: Re: Maraton 2018
Post by: Anton Louw on August 12, 2018, 09:24:07 AM
"toe slaap hul al saggies"

Terwyl ek besig is om my skaap potjie aan die gang te kry en my gedagtes dwaal, dink ek aan die boonste stukkie wat ek vanoggend hier raakgelees het.   Dit laat my ook terugdink aan kinder jare en die lekker aan die slaap raak in die motor terwyl liggies verby skiet.
My 2 seuntjies is nou 2 en 5 jaar oud.
Title: Re: Maraton 2018
Post by: adele on August 12, 2018, 09:38:54 AM
Geniet jou kinderen en hul ommienek-armpies en alle liefde, Anton, hulle word so gou groot
Title: Re: Maraton 2018
Post by: adele on August 12, 2018, 09:54:03 AM
Ek stuur 'n warm koppie groentesop en varsgebakte broodjie vir julle hoor ....
dankie Vriendin, ons het nogal met sop en jaffels begin, Vrydagaand se ete. Ek is seker dit was jou lekker sop wat daar bedien is   :love7:
Title: Re: Maraton 2018
Post by: Meraai vannie Baai on August 12, 2018, 10:12:45 AM
Ek kon sien en luister!! Watter vreugde. So baie dankie vir skakel matertjie. Ek het myself gate uit geniet. Die wind wou ons vandag wegwaai hier, wonder ek hoe is die weer daardie kant. Hier het die sonnetjie nou gesak en ek gaan myself bederf met 'n mooi fliek in die warm kooi :)
Title: Re: Maraton 2018
Post by: PM on August 13, 2018, 01:36:05 PM
Miskien kan jy vir ons kom kuier en hier in Leeupoort ook 'n Volkspelegroep begin Adele.  Hier is dit lekker warm. 
Title: Re: Maraton 2018
Post by: adele on August 13, 2018, 01:41:32 PM
Die Bosveld trek my al hoe meer Vriendin, ek wonder net hoe om permanent daar te kom ... As dit nie vir die plaas was nie ....  :toothy4:

En ja, die begin is niks, maar die volhou van 'n laer .... volkspele? My gedagtes bly eers my eie  :crybaby2:  daar op fb vertel hoeveel mense hoe hul dit geniet het, terugverlang, wens vir weer .... maar niemand doen moeite nie. Tipies vandag se kuberlewe ... almal wil hê en verniet op 'n skinkbord (lees Tablet/laptop) ens kry, maar niemand wil regtig uitgaan daarvoor nie.
Title: Re: Maraton 2018
Post by: PM on August 13, 2018, 01:51:19 PM
Dit is so.  'n Mens kan nie altyd doen wat jy wil nie, net wat jy kan.  Ek het ook vreeslik lui geword, wil nie meer "spaander" nie.  Ek is te lig vir swaar werk en te swaar vir ligte werk. 
Title: Re: Maraton 2018
Post by: adele on August 13, 2018, 02:21:09 PM
 :icon_biggrin:   :icon_biggrin:   :toothy4: 
Dis so, Pm-maatjie, en weet jy wat is nog 'n groot remskoen in vandag se lewe, nie alleen dié wat nie meer lus is vir spaander nie, maar ook die wat nie het om te spandeer nie ... dit kos ons om te kom waar ons wil deelneem  :crybaby2:
Title: Re: Maraton 2018
Post by: PM on August 13, 2018, 02:30:44 PM
Dit is waar ja.  As ons met die jukskei aan kompetisies deelneem dan kos dit 'n klompie.  As die ander spanne hier kom speel moet ons vir hulle kos en drinkgoed gee. Dan praat ek nie eers van skoene en klere nie.  Julle s'n is seker baie meer as ons s'n.
Title: Re: Maraton 2018
Post by: Anastasia on August 13, 2018, 09:24:09 PM
Ek was lief vir volkspele op skool.  Maar bekyk ek daardie foto's so, en besef, dit gaan nie lekker werk met my drie bene en pikkewynloop nie. 
Title: Re: Maraton 2018
Post by: Meraai vannie Baai on August 13, 2018, 11:14:53 PM
 :book1: :hello2: :notworthy: Die mandjie bol boeppens...