Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on June 17, 2014, 09:37:30 AM
-
saam met jou
sou ek om die maan kon vlieg
vir jou sterre pluk
uit die galatika
saam met jou
sou ek die tango kon dans
oor honderduisend ligjare
van die melkweg
saam met jou
sou ek kon sing van liefde
in ‘n nagmars
saam met die rooi dwerge
saam met jou
sou ek die geheim wou oopvlek
oor verblinde ligtende voorwerpe
van die kwasars
saam met jou
sou ek op arendsvlerke
ontslae kon raak
van middernagtelike koue
saam met jou
sou ek vir altyd
wou gaan aftree
op die aandster se rug
©ANS BOTHA
-
Nou het ek heerlik in die ruimte gereis. Pragtige versugting.
-
Fransi ek waardeer altyd jou saamlees en kommentaar. Baie dankie
-
Ek lief dit Ans! :notworthy: 'n Pragtige herhalende gedig.
Hoekom is rooi dwerge en arendsvlerke met hoofletters geskryf?
-
Dit is die sterre se name, of moet dit in klein lettertjies kom? Dieselfde soos die Kwasars.
-
Dan kom dit in hoofletters. Wys jou hoe slim is ek! :sign10:
-
om saam met iemand geliefd af te tree in sterlig en sagte ruimteliefde ... mooi gedig
-
Dankie Adele ek waardeer. PM wat dan van die melkweg? Moet "Melkweg" dan in hoofletters wees? en die "galatika"? "Aandster"? Eish!
-
Ans, dis 'n vryevers en sommige skrywers gebruik alles kleinletters maar jy mag hoofletters gebruik as jy wil... maar ek sou alles kleinletters kies, selfs tango is die naam van 'n dans maar ons gebruik dit nie as hoofletter nie.
my pennie in die woordpoel, jy moet self besluit hoor.
-
adele eintlik voel ek ook so. Tensy 'n mens nou rerig 'n hoofletter moet gebruik. Ek gaan dit verander dan kyk ons hoe lyk dit dan.
-
PM, adele, ek voel tog gelukkig met die gedig soos hy nou is. Sal julle kyk en se hoe julle nou daaroor voel asb? Lyk sommer ook beter.
-
dis pragtig, onthou dis jou keuse, maar dis asof dit nou gladder lees ... asof hoofletters soms die ritme breek wanneer ek dit hardop lees, al asof ek meer klem op daardie woorde wou plaas ... eishh, as ek dit sò kan verduidelik.
en ek wil nog steeds
...gaan aftree
op die aandster se rug :love7:
-
Dankie adele. Nee ek wil. Jy is reg dit lees beter en meer vloeiend ook. Baie dankie weereens
-
Ek stem saam, dit lees nou vloeiend. Weereens, 'n pragtige gedig Ans!
-
Dankie PM. Ek waardeer.