Author Topic: Ek het die son se strale gemeet...  (Read 9108 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Ek het die son se strale gemeet...
« on: July 31, 2013, 07:34:49 PM »
Ek het die son se strale gemeet vanoggend..
Dit is 'n triljoenste van 'n cm korter as gister-oggend.  En die grade was baie meer as gister.
Dit was 'n heerlike vroeg-somer dag in die Kaap.  Nou is dit alweer baie koel. 
Die Kaap kan ongenadig wees in die winter, maar dan beloon sy jou met 'n dag soos vandag.  Wie kan dan kla?
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #1 on: July 31, 2013, 07:35:28 PM »
Wat natuurlik beteken die son is oppad terug Suide toe.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #2 on: July 31, 2013, 07:35:44 PM »
 :hello2: :headbang:
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #3 on: August 01, 2013, 07:31:05 AM »
En vanoggend meet Bellville voordag al 'n skaflike 18 grade waar dit selfde tyd gister 4 grade gemeet het.



 :icon_bigsmurf:


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #4 on: August 01, 2013, 01:03:08 PM »
Bellville met vier elle se lelle hang in die son.  Pragtig man Naas.  Ons het gesien dat julle baie koue moes verduur.  Eergisteroggend toe die dag breek, lyk dit soos 'n sprokiesverhaal hier by ons nie te ver van Heidelberg af nie.  As dit effens kouer was het ons sneeu gehad.  Die misreenkie het alles om ons in 'n wasige pragtigheid getooi. 

Dit word darm al so half sewe lig hier.  Die somer is sterk oppad.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #5 on: August 01, 2013, 11:41:16 PM »
...waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand...

Is dit nie die mooiste mooi nie ... wie onthou Sias Reyneke!   :love7:  AG Visser was tog soooo moranties....


http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2002/04/06/47/2.html

Is dit dan 'n wonder dat Visser genoem word ``Die Sanger van Suikerbosrand''? En boonop het hy gewis ``verlief geraak'' op Heidelberg, en dit ongeag sy geboortegrond en verblyf in die Karoo, en sy opleiding in Skotland.

Uit 'n luimige gedig net 'n aantal reëls as bewys:

Daar is net een Kaapstad
so pragtig geleë,
Daar waar Tafelberg staan
met een voet in die see

maar dan as die suidoostewind, ``Die Kaapse Dokter'', waai, spreek Visser hom streng aan:

. . . Kollega, 'k gaan weer na my land,
Waar ou Heidelberg hang
aan die Suikerbosrand.

En as hy van die Kaapse nooientjies praat, sê hy:

. . . Ek wonder my steeds wat
ons Doom'nee sou sê
As die meisies by ons
so min klere moes hê!
Gelukkig het hul nog 'n bietjie verstand
Waar ou Heidelberg hang
aan die Suikerbosrand.

Hy vervolg egter in die volgende versie:

Die Boland is lieflik, die Boland is mooi,
En die beste van als is die Bolandse nooi!

In die sewende en agtste reëls van die vers spreek hy die wens uit:

. . . Graag sou ek
'n Bolandse nooientjie verplant
Waar ou Heidelberg hang
aan die Suikerbosrand

Op 'n Saterdag verwonder hy hom aan die mensemassa op die Parade:

. . . Ek wonder terwyl ek die spul so bekyk
hoe dit hier met Aprilmaand
se Nagmaal moet lyk!
Ag nee wat, ek gaan weer terug
na my land
Waar ou Heidelberg hang
aan die Suikerbosrand.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #6 on: August 02, 2013, 09:42:11 AM »
Baie dankie Adéle vir die mooiste aanhalings.  Ek het dit erg geniet, dit sit die ritme in my naweek.  
Ons gaan huistoe vir die naweek.  Ons transformator kom eers Dinsdag.  Dan gooi ek gou 'n paar stukkies in en verkas Leeupoort toe.  Oe la-la, dit gaan heerlik wees.  
As ek weer terugkom aarde toe, dan gaan ek 'n arend wees, dan kan ek toer sonder allerhande goeters wat moet saam.   :read:   :bootyshake:

Dink net hoeveel brandstof gaan ek spaar. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #7 on: August 03, 2013, 11:40:41 AM »
ek het bietjie noorde se kant toe gery, sowat 2000 km nader aan die son, noord van die steenbokskeerkring, en dit was soms lekker warm, so dat ek selfs geswem het ook verlede vrydag. ek het vir 3 weke kon kaalvoet loop, lekker so in die winter, in die dooie see.



« Last Edit: August 03, 2013, 11:48:52 AM by AB »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #8 on: August 05, 2013, 03:11:07 PM »
Ha-ha, dit lyk heerlik.  AB ek moet sê, jou voetsole lyk baie beter as die vorige keer wat ek dit gesien het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #9 on: August 05, 2013, 03:48:27 PM »
PM ek het darem intussen jy laas gesien het so paar weke met skoene geloop, toe dit so koud was. kan darem seg ek het net gister skoene kerk toe gedra, voor dit 3 weke sonder skoene.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #10 on: August 05, 2013, 03:53:42 PM »
'n maand en 'n half na die son gedraai het, het my boet-hulle in Noorwee ,
snags al twee ure donkerte.   :crybaby2: hy se' dit maak hom bang want die winter is alweer oppad   :toothy4: 

 :grommit: :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #11 on: August 05, 2013, 04:23:12 PM »
Die son skuif vinning, 182 dae van noord na suid


Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #12 on: August 06, 2013, 08:26:11 AM »
   :toothy4:  en net so vinnig weer terug ook!

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #13 on: August 06, 2013, 06:52:08 PM »
Aarde... die son was vir 'n week hier en nou is dit weer weg. 
Sneeu gaan val en Ella gaan bibber.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek het die son se strale gemeet...
« Reply #14 on: August 07, 2013, 01:49:46 PM »
Hulle sê dit sneeu daar naby jou AB, mag ons dalk 'n paar foto's verwag? 

Els, kry 'n resep om in die oond te bak, dit maak die kombuis heerlik warm.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.