Author Topic: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)  (Read 14543 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #15 on: May 12, 2012, 07:45:16 PM »
Vra van Naas en Trappies - ons het skrop goed die kant ook  :bootyshake:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #16 on: May 12, 2012, 07:46:49 PM »
Dankie Meraai - julle is vir my werklik baie spesiaal en dis lekker om hier saam te kuier en te groei ...
sou dit nie wonderlik gewees het as die heel SuidAfrika nie wou saam kuier en groei nie (al is dit op eie talent gebied) ons sal so 'n beter mens wees, 'n beter land sodat ons Raaitjies ook kan terkom en JanDink en gesin nie die land verlaat terwille van hulle eie prinsie nie ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #17 on: May 12, 2012, 11:21:28 PM »
Willa ek skryf groot AMEN op jou versugting. Sterkte met die toekomsbesluit oor die welvaart van julle prinsie. Ons verlang maar nog nie eendag teruggekyk en spyt gewees oor ons groot besluit nie. Met die internet kuier ek so heerlik oor en weer dat afstand nie meer 'n kwessie eers is nie  :hello2:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #18 on: May 13, 2012, 12:42:05 PM »
Ausie het ook 'n opsie geword - maar nog 'n onseker een Meraai - daar is 'n company wat Andre head-hunt oor sy skils ...
NewZeeland, Duitsland en Ausie is op die horizon .. maar alles word in ons Vader se hande gelaat ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #19 on: March 14, 2013, 04:03:31 AM »
Mater ek kon nergens 'n ABC gedig opspoor van jou nie sniksniksnik, maar ontdek toe weer hierdie bydrae wat vir ons ou woordskuur geskep is:

Emex: ABC op sy kop gedraai

Zanile,
ywerige
Xhosa
werker
verrig
uiteenlopende
take
sonder
rota.
Quodlibet ten spyt
probeer sy
onvermoeid
nog
meer
lawwe
kwinkslae en
jolyt in
hierdie
gespanne
familie bring
en
daaraanvolgend
chaos te
beperk sonder
afguns.
©

« Last Edit: March 14, 2013, 08:19:43 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #20 on: March 14, 2013, 07:24:40 AM »
Soek jy hierdie een Raaitjie?  Van Wils.

Kyk, 'n Nuwe Aarde Kom Gou!

Almagtige Vader God, kyk tog na
Benede en sien U skepsels nood,
Crime oor 'n enkele dime...
Dwelms neem oor en kinders verkool.
Erfenisse van ons voorgeslagte se besluite is ontneem;
Fundamentele regstellings nog in aksie.
Gaan dit dan nooit eindig nie?
Hallelujas’ vergrys in hoekoms -
Is dit dan die voortbestaan van U skepsel?
Jare kom, jare gaan en
Krummel die nageslagte net meer...
Liefde word nou vervang - met ek wil - en ek sal, wat
Massas vermoor net omdat - ek kon en wou -
Nou kruip U skepsels binne hulself weg,
O Genade red ons van hierdie hel!
Pas U skepsels, werklik nog in hierdie spel?
Qaulity streets is 'n effense troos na 'n wrede dag,
Rus ken geen siel meer nie;
Saggies huil in die binnekamer, ja...
Treurig dat die volmaakte wêreld wat
U geskep het se einde, so moet kom.
Vrede...ontbreek die nasie,
Water en wind verweer die natuur,
Xenephopia verteer ons nasie...
Yskoue sondaar harte, het deel van die mens geword.
Zero te sien in U Vader Huis – kom haal ons gou!

© Ah,Willa!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #21 on: March 14, 2013, 08:21:17 AM »
Ekke het hom, is dit nie LIEFLIK nie! Kyk net na die eerste blaai van die plasing, dan sal jy hom sien matertjie  :love7:

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #22 on: March 14, 2013, 01:19:44 PM »
In die alfabetsop

A is vir Abara kadabara, open sesame se gat.
B is vir Boerebarok sy nuwe kleur is swart.
C is vir Carnaliet is ons wyn met elke maal.
D is vir Daniёlskuil, waar honger leeue dwaal.
E is vir Engele o engele!Ek hoop hulle’s gestuur.
F is vir Farad se vonk, dit raak nou peperduur.
G is vir Gehazi vanwaar? Die treinspoor se arm kant.
H is vir Hoffmansdrup, as hartklop op galop beland.
I is vir Ikarus, hy't self sy vlerk gebrand.
J is vir Janus, die ou naam van my land.
K is vir Kabaal, totdat die daalers klaar is.
L is vir Lendene omgord, totdat die reen weer daar is.
M is vir Marionet, hul speel net heeldag skaak.
N is vir Nagmerrie, ek moes my droom ontwaak.
O is vir Opgeskeep, laat ons maar liewer swyg.
P is vir Parnassus, 'n berg wat digters styg.
Q is vir Quis(e)ling, die klerk is ‘n verraaier.
R is vir Requiem, begrawe tog daai maaier.
S is vir Soödom, die broertjie van Gomora.
T is vir Tamboek'doring, wat darem nog vrugte dra.
U is vir ‘n Uiltjie knip, die harlekyn’s gewyn.
V is vir Vredespyp, ‘n rooksein aan die kwyn.
W is vir Westewind, waar wilde wesens spook.
X is vir Xanthippe, sy kla een lange strook.
Y is vir Ysigkoud, nes my gewese vrou.
Z is vir Zeppelin, hier vlieg sy nog helgoed my ou.
« Last Edit: March 14, 2013, 01:55:48 PM by Marius »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #23 on: March 14, 2013, 01:37:47 PM »
Baie goed gedoen.  Ek lief dit, die humorsin is verfrissend.   :icon_salut:  Ek weet net nie so mooi van Zeppelin nie, moes daar nie iewers 'n "het" ingekom het nie?   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #24 on: March 14, 2013, 01:42:12 PM »
My liefste gewese se Zeppelin vlieg nog gereeld...so ook in terme van die oorkoepelende tema van die gedig vlieg ons Zeppelinne ook nog rooiwarm. Ek moet seker dit bietjie duideliker uiteensit. :)
« Last Edit: March 14, 2013, 01:47:59 PM by Marius »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #25 on: March 14, 2013, 02:14:00 PM »
Ek's nie so slim nie.  Al Zeppelin wat ek ken is die een wat uitgebrand het.   Het ook te warm geword!
 :icon_biggrin:
 :bootyshake:

(Gaan gou vir 'n uur op die pad wees, kom nou-nou weer saam kuier.)
« Last Edit: March 14, 2013, 02:15:54 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #26 on: March 14, 2013, 08:47:34 PM »
Simboliese en figuurlike Zeppelinne mens...

 :glasses9:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #27 on: March 15, 2013, 12:48:43 AM »
 :toothy4: :notworthy: :icon_salut: :`ip2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)
« Reply #28 on: March 27, 2013, 03:02:57 PM »
Hierdie gedigstruktuur is nou in die boek.  Daar is plek vir nog 'n gedig. 
Raaitjie het 2, Trappies het 1,  Marius het 1, Willa s'n is in haar bundeltjie. 
Om te weet is om te verstaan.