Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Liedjies uit die oude doos => Topic started by: Naas on October 31, 2011, 08:33:35 PM

Title: Groen blare
Post by: Naas on October 31, 2011, 08:33:35 PM
Ou Pieta was 'n wewenaar
O so diep in die sestig jaar
Sy vrou was skaars drie maande dood
Toe was ou Pieta mos weer in die nood

KOOR:
Want ou Bokke like mos groen blare, groen blare, groen blare
Want ou Bokke like mos groen blare.
Sy tanne is mos klaar

O! om weer 'n jong vrou te kry
Dit het ou Pieta rond laat ry
Hy ry ook hier en
Hy ry ook daar
Om die ou te sien spog was al te naar

KOOR

Die dag by die begrafnis van sy vrou
Toe was ou Pieta amper flou
Verdriet was groot
Sy hart so seer
In die graf wou hy spring hulle moes net keer

KOOR:
Want ou Bokke like mos groen blare, groen blare, groen blare
Want ou Bokke like mos groen blare.
Hulle tanne is mos klaar

Hy trou toe met 'n spoggerige ding
Koop vir haar 'n diamantring
Die ou was die ene vlam en vuur
'n Rukkie daarna was hy oor die muur

KOOR
Title: Re: Groen blare
Post by: Meraai vannie Baai on October 31, 2011, 11:34:12 PM
Ai jai jai .... ook maar net mens ne  :toothy4:
Title: Re: Groen blare
Post by: PM on November 01, 2011, 08:00:40 AM
Dankie Naas, dit is heerlik om weer lekkerleesliedjies te sien.   :bootyshake: