Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on June 24, 2014, 06:01:06 PM

Title: deur die fynbos van my hart
Post by: adele on June 24, 2014, 06:01:06 PM
verdwaal op ons spore van verlang
gly horisonne een vir een verby,
tel jou arms my op na die kranse
van jou geliefde swartberge
en kruip ek weg in die grotte
waar ongeskoolde klippe
my verdwaaldheid verstaan
 
nog vele tye lê voor my deur
soos die karoopaaie se myle
wat wegraak teen die oosterkim,
het jy ook ’n bergpas-monument
soos die van thomas bain
dwarsdeur die fynbos
van my hart gebou,
deur die laslappie-kleinkaroo tot waar
warmvou, jou lag, ’n wit brandersoom
van sonskynsee uitrol op die strand
Title: Re: deur die fynbos van my hart
Post by: Ans Botha on June 24, 2014, 09:05:42 PM
Sjoe, die gedig het my geraak. Mooi geskryf adele
Title: Re: deur die fynbos van my hart
Post by: Fransi on June 25, 2014, 08:04:50 AM
Werklik, werklik besonders. Hierdie gedig het my ook intens geraak.
Title: Re: deur die fynbos van my hart
Post by: adele on June 29, 2014, 10:55:35 AM
dankie Fransi en Ria  :toothy4:   [skuus, iewers het ek jou woorde gemis]
Title: Re: deur die fynbos van my hart
Post by: PM on July 06, 2014, 10:52:44 AM
Adele, jy is 'n ou doring!  Jou werk is uitstekend!  Dit praat nie meer nie, dit "bulder"! 
Title: Re: deur die fynbos van my hart
Post by: adele on July 08, 2014, 06:20:09 PM
Petra, jy maak my 'toon-inni-sand' dankie vriendin