Author Topic: Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur  (Read 6714 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur
« on: March 31, 2013, 03:01:05 PM »
"The teacup dictionary poem" is deur Rose Jones in 2009 gevestig.

Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur.

Ses versreëlwoorde wat gesentreerd is op die bladsy.
Eerste woord: 5 Lettergrepe.
Elke daaropvolgende woord moet een lettergreep minder hê as die vorige woord.
Woord 2 het dus 4- en woord 3 het 3 lettergrepe ens.
Die sesde en laaste woord moet weer 5 lettergrepe hê.

Die woordeboekwoord is die titel van die gedig. Elke daaropvolgende woord moet die titelwoord omskryf
By hierdie laaste woord kom die skrywer tot 'n gevolgtrekking/waarneming.

Voorbeeld Afrikaans:

Anorexia
lae selfbeeld
uitgeteer
honger
swak
selfverhongering

© PM

Voorbeeld Engels:

Emaciated
malnutrition
marasmus
wasted
weight
you are so hungry

© PM
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur
« Reply #1 on: March 31, 2013, 11:20:04 PM »
Wat 'n heerlike uitdaging PM! My vingers het gejuk toe ek jou voorbeelde sien. Dink ons moet die struktuur boek toe neem  :love7:

*Die skrywers moet onthou dat die titelwoord wat jy kies, die aantal lettergrepe aandui wat jy dan ook in die pieringreël (laaste reël) moet toepas. Die titel hoef dus nie noodwendig uit presies vyf lettergrepe te bestaan soos in jou pragtige voorbeeld nie. Ek liefff hierdie uitdaging. Jy is 'n doring om dit met ons te kom deel. Hier is drie skakels as die ouens belangstel om nog voorbeelde te sien.

http://www.fanstory.com/displaystory.jsp?id=280326
http://www.fanstory.com/writingpromptdetails.jsp?id=1897
http://www.poetrydances.com/teacup_dictionary.php

By een van die skakels het ek 'n Engelse gedig oor Rooibostee gesien wat opgedra was aan die skrywer se SA vriende. Ewe gewild ook hier by ons in Gatkantland. Hier is my weergawe waarvan die titelwoord uit ses lettergrepe bestaan en so ook dan my laaste pieringreël. Die titel kom uit ons eie woordeboek op die forum. Splinternuut  :bootyshake:

Sederbergfynbossie
anti-oksidant
blarebrousel
kalmerend
heilsaam
eg
Suid-Afrikaanse tee


« Last Edit: April 01, 2013, 06:20:23 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur
« Reply #2 on: April 01, 2013, 06:09:32 AM »
Ek het daardie bron van die verskillende lettergreeptelling in die titelwoord gemis Raaitjie.  Moes van beter geweet het as om net van een bron gebruik te maak.   :`ip2:
Wanneer jy van meer as vyf lettergrepe in die titel gebruik maak, sal jou daarop volgende woordeboekwoorde stelselmatig een lettergreep verminder  totdat daar net een lettergreep oorbly. 

Jou voorbeeld is uitstekend, jy kort net een lettergreep versreël in die voorlaaste plek. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur
« Reply #3 on: April 01, 2013, 06:17:03 AM »
Jou doring! Gaan dadelik regmaak hoor  :notworthy: Sal dit werk as ek 'eg' inbring as eenlettergreepwoord  :icon_scratch: Dit so verander op my plasing nou. Kan jy aan ander ene dink wat ook sal werk PM?
« Last Edit: April 01, 2013, 06:22:17 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur
« Reply #4 on: April 15, 2013, 10:41:40 AM »
Trots kan ook werk maar ek dink eg is uitstekend, ek sal dit net so los. :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur
« Reply #5 on: April 20, 2013, 12:36:36 AM »

Na ek die oktaaf ekphrasis gedoen het, het my hande gejuk vir jou teekoppiestruktuur PM  :notworthy:
« Last Edit: April 20, 2013, 12:41:38 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur
« Reply #6 on: April 20, 2013, 04:35:02 AM »
Dis pragtig Raaitjie.  Lief die koppie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur
« Reply #7 on: April 20, 2013, 05:54:17 AM »
Ek't gesukkel om dit af te neem PM. Die skaduwees bly patroontjies op die wit maak en dan lyk dit soos stofmerke  :icon_scratch: Op koppies met patroontjies staan die geskriffies nie uit nie en kompeteer dan met wat ook al jou koppie versier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur
« Reply #8 on: April 20, 2013, 06:10:07 PM »
Wel, hierdie is uitstekend gedoen.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur
« Reply #9 on: April 23, 2013, 09:53:00 AM »
Ek wil graag hierdie struktuur in die boek plaas, maar wag nog van voorbeelde van ander skrywers ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur
« Reply #10 on: April 24, 2013, 09:14:04 AM »
Werklik besonders gedoen.

My poging: (Robert Sternberg se "consummate love")

Liefdesteorie
 verbintenis
  passievol
    intiem
     raar
welgeluksalig

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur
« Reply #11 on: April 24, 2013, 04:49:58 PM »
Dankie Fransi, dit is pragtig. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur
« Reply #12 on: April 25, 2013, 12:25:25 AM »
Dankie PM. :-)