Author Topic: Die Alleen Ruiter  (Read 5819 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Die Alleen Ruiter
« on: July 13, 2012, 09:37:50 AM »
Die alleen Ruiter

Wanneer donker sy swart kombers oor my trek,
rus ek weer my kop op eensaam se kussing
en vaak hardloop weg
om my in alleenheid te los…
alleen vasgevang in gedagtes..,
begeertes…
Is dit die werklikheid
van wees..?
van bestaan..?
van is..?
‘n Smagting na warmte…
Arms omvou…
Nog ‘n lyf…
Soos die ruiter van Skimmelperdpan.
Elke aand maar weer dieselfde galop…
Die galop..,
die galop..,
die eensame galop…
In my kop.
Waarom rus jy nie…
Rus jy nie…
Jou eensame perd..?
Waarom hou jy my elke nag op?
Altyd maar weer die eensame galop…
Die galop…
Die galop…
Die eensame galop
In my kop.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #1 on: July 13, 2012, 10:01:30 AM »
Beskryf jy my aande. So goed. Voel of ek weer kan gaan WakkerSlaap.   :hello2:

Baie beskrywend ek hou van die "donker sy swartkombers" en  "Soos die ruiter van Skimmelperdpan."

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #2 on: July 14, 2012, 04:21:21 PM »
Welkom matertjie, ek dag jy het die aarde verlaat en sit bo in 'n boom!
Jou gedig roep so galoppende aan my hartsnare; kan nie help om eers die emosie te voel en dan komtaartjie te los nie.  Alhoewel ek nie veel van liedjieskryf weet nie, glip daar 'n deuntjie oor my kitaarsnare en wens ek, ek kon dit opneem en deel.  Dit is goed geskryf, ek hou daarvan.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #3 on: July 21, 2012, 12:39:02 AM »
die galop in my kop ... jy mag maar Naas ... jy mag maar

dis 'n flippen mooi gedig
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #4 on: August 17, 2012, 12:33:40 AM »
Ek stem saam, hierdie is PUIK lirieke  :love7: Trappies se 'wakkerslaap' en Naas se galop...galop weerklink ritmies tot in my vingerpunte waar akkoorde gillend stoei vir 'n plek  :hello2: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #5 on: August 17, 2012, 08:06:42 AM »
Dit is tyd dat jy 'n skelmpie kry Naas.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #6 on: March 31, 2015, 12:10:54 PM »
Ek het een maar sy weet dit nie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #7 on: April 14, 2015, 09:44:08 AM »
Ek geniet vanoggend die "weerlees".  Dit neem my gedagtes terug na die wonderlike samesyn in die Kaap.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #8 on: September 14, 2015, 02:27:23 PM »
Deesdae ry ek weer die perd bloots. My skelmpie het my gelos toe sy hoor ek is getroud.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #9 on: September 15, 2015, 12:57:13 PM »
Eish!  Shame!  of nie?  Het ek nie laas gehoor dat jy van "getroud wees" beskuldig was waarvan jy niks kon onthou nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #10 on: September 15, 2015, 01:02:20 PM »
Dis my vrou wat die rumour versprei dat ek getroud is.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #11 on: September 15, 2015, 01:06:06 PM »
Wat 'n remoer van 'n rumour.  Dagvaar haar! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #12 on: November 17, 2015, 02:24:50 PM »
Die Ruiter van Skimmelperdpan is een van my geliefkoosde gedigte.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #13 on: December 09, 2015, 08:27:35 AM »
Marinda, dit is  "nuwe lede" wat die forum weer lewe gee en al "die ou koeie uit die sloot uit grou". 
Lekker verby om weer te lees Naas.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Alleen Ruiter
« Reply #14 on: May 27, 2018, 09:58:02 PM »
'Wanneer donker sy swart kombers oor my trek,
rus ek weer my kop op eensaam se kussing'

Wat kan ek meer sê?  Is maar goed, Naas.  Is maar bleddie goed!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!