Author Topic: ek wil jou liefhê met my woorde  (Read 3504 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
ek wil jou liefhê met my woorde
« on: February 06, 2013, 03:32:13 PM »
In koue, eensaam nagte
as alleenwees teen die ruit vasys
en verlange spookagtig
in dowwe kerslig dans,
vou ek my woorde
knus om jou skouers vas,
wikkel elke klankie,elke lettergreep
styf teen jou lyf en hart.

In dae wat vrees en angs
jou lewe wil versuur
en onmag soos lood
aan jou hande hang,
hang ek my woorde
sag, vertroostend om jou hals,
hou die woorde bakhand
sodat jou sorge daarin val.

In tye waar jou hart vol vreug is
en jou lippe van liefde sing,
wanneer jou oë glimlag
en jou gesig die son gaan haal,
dans my woorde om jou voete
lig en dartelend soos die van ‘n kind,
speel ek ‘n jubellied
op die snare van jou hart.

En as daar tye van verset kom
wat jou hart met woede vul,
as dinge net te veel word
en alles jou ontstel,
smeer ek trooswoord oor die wonde
laat dit koel oor jou voorkop gaan,
spreek ek in sinne van rus en vrede,
van vreugde en vergifnis.

Ek wil jou liefhê met my woorde
met al die nuanses van my taal,
wil elke letter, elke frase,
elke idioom gebruik
om jou te verduidelik
hoe kosbaar jy sal bly.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #1 on: February 06, 2013, 03:40:23 PM »
Dit is werklik baie mooi.    :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #2 on: February 06, 2013, 04:56:10 PM »
Code: [Select]
en verlange spookagtig
in dowwe kerslig dans,

jo - dis mooi gestel!!

baie mooi gedig
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #3 on: February 07, 2013, 09:12:59 AM »
 :hello:

Pragtig geskryf.

Ek lief veral die volgende: "en jou gesig die son gaan haal"

Offline Wikus

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 11
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #4 on: February 07, 2013, 03:24:26 PM »
Hi G,

Hierdie is werklik 'n mooi gedig. Hartseer Verlange Hunkering.
Dit laat my skoon verlang.
Baie goed. :munky2:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #5 on: February 09, 2013, 01:01:02 AM »
Mag ek asseblief hierdie gedig kroon?  :icon_salut: :notworthy: Elke reël het ragfyn geweef met die ABC, vertroostend om my gevou en ek glo elkeen wat hier lees sal dieselfde ervaar! Gawie jy KAN skryf liefste sielematertjie van my  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #6 on: February 09, 2013, 08:37:12 AM »
Ek stem Raaitjie, sy mag maar, want sy kan.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #7 on: February 09, 2013, 01:22:45 PM »
 :notworthy:  baie dankie. Sy kan want daar is twee beentjies wat haar ondersteun.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #8 on: February 09, 2013, 01:26:34 PM »
 :icon_biggrin:  Ek dink ons is die enigste gediertes wat op drie bene loop.  Die laaste drie dae was ek bene-af. 
« Last Edit: February 09, 2013, 01:28:21 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #9 on: February 09, 2013, 01:29:26 PM »
Ek sal nie weet nie, maar een ding weet ek verseker: ons is seker die mees uiteenlopendste threesome wat daar is en tog is ons "eensaaam" heeheheh een in gedagtes en vriendskap en snap in sinne praat.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #10 on: February 09, 2013, 01:39:39 PM »
Werklik waarwoorde.  Dink jy nie ons is een-twee-driesaam nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #11 on: February 09, 2013, 08:26:52 PM »
 :love7:  Minsaam een-twee-driesaam. Vir seker.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #12 on: February 12, 2013, 12:21:56 AM »
'n Besondere Trio dis verseker en gewis  :love7: :notworthy: en 'n bruinbeertjiedrukkie!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #13 on: February 12, 2013, 10:29:45 AM »
... en ek lees weer die mooi gedig en ek  :notworthy: nog 'n keer. 
(Waar is die bruinbeerdrukkieprentjie dan nou?)
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ek wil jou liefhê met my woorde
« Reply #14 on: February 12, 2013, 11:16:55 PM »
Ek is nie baie lief vir liefdesgedigte nie maar hierdie ene het werklik my hart gesteel en dra sy kroontjie skitterend  :notworthy: :love7: