Author Topic: Willa.... waar is jy??  (Read 3596 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Willa.... waar is jy??
« on: July 07, 2012, 05:21:17 PM »
Willa, jy is elke dag hier, maar vandag loer jy net met een oog om die deur.
Wat doen jy?

Het gedink,  ek moet maar by jou kom 'werk' sodat ek computer literate kan raak..  sonder vergoeding, dit is. 
Miskien kan ek vir 'n dag lank vir jou kom kuier dan maak jy my touwys?
Nou sal jy dalk se maar ek het dan soveel Certificates... ja-a, maar 'n certificate is nie ondervinding nie.  Ek leer beter deur te doen as deur te leer.

Wonder of besighede mense inneem , sonder vergoeding, sodat jy ondervinding van verskeie industries kan kry?

My 'paadjie' in my brein is besig om grassies oor te groei.  Hoe langer ek uit die sisteem is, hoe moeiliker gaan ek weer aanpas.
En ek wil glo ek gaan weer 'n werkie kry.
Ek glo dat jy 'n paadjie in jou brein uittrap.  Jy kan enige paadjie uittrap, jy moet net lank genoeg daarop loop, maar as jy dit ophou loop...  ons almal weet wat gebeur dan.

Willa, sien jy kans?
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Willa.... waar is jy??
« Reply #1 on: July 08, 2012, 02:41:44 PM »
My man is die slimmer een met programeering ...

ek kan wel touwys maak met Graphic programme so the GIMP en
dan Drupal CMS en html website

watter rigting op die rekenaar wil jy van leer

baie maatskappy neem mense in sonder vergoeding - hulle noem dit shawdowing ...


laat weet, dan kom haal ek jou - ons kan die 6 K9 so he dat hulle jou nie pla nie  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Willa.... waar is jy??
« Reply #2 on: July 08, 2012, 10:58:57 PM »
Wat 'n wonderlike idee!! Julle gaan kuier-kuier leer  :love7: :notworthy:

Offline JC

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 21
Re: Willa.... waar is jy??
« Reply #3 on: July 09, 2012, 06:34:49 AM »
(Ek het 'n maskertjie  aan, hoop julle sien sommer
dwarsdeur  :notworthy: )
Engeltjie, dit is 'n goeie geleentheid.  Ek is sommer baie jantjie.
Skink sommer 'n ekstra koffietjie vir my ook. 
« Last Edit: July 10, 2012, 08:21:03 AM by PM »

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Willa.... waar is jy??
« Reply #4 on: July 09, 2012, 08:18:39 AM »
Ek het lank terug, toe ek nie nodig gehad het om te werk nie, maar was net verveeld, aangesluit by 'n "Temp" werk. Hulle stuur jou uit na verskillende maatskappy en dan doen jy werkies, wat jou ondervinding gee en hulle betaal baie goed.  :evil6: Partykeer werk jy vir 'n dag ander kere vir 'n week. Dit hangaf van wat hulle nodig het. Lekker leer en geld maak storie dit.  :read2:

Julle moet lekker kuier kuier leer.  :toothy4:

 :angel12:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Willa.... waar is jy??
« Reply #5 on: July 09, 2012, 08:20:51 AM »
Andre en ek het al heelwat vriende so kuier-leer gemaak en ons help mekaar saam vorentoe :-)

Ek glo aan gee om te mag groei ... ek vind ook dat wanneer ek die bietjie wat ek wel ken deel, dan ontdek nog iets wat ek nie geweet het nie .. want die persoon met wie jy deel, weet iets wat jy nie weet nie .. so kuier-kuier is die beste leer proses - geen stress - geen eksamen - maar wonderlike vordering


Trappies ek het so deur MediStaff en Kellie getemp - soms nie lekker tye nie - maar dan weet jy - dis net 'n dag of twee uiters 'n maand of twee ... heerlik ondervinding so opgetel en nog steeds 'n Rand of twee verdien :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Willa.... waar is jy??
« Reply #6 on: July 09, 2012, 08:23:11 AM »
NS - ek weet nie of hulle dit nog doen nie - maar Kelli het altyd kursus aangebied vir rigtings waarin jy sou belangstel maar nie opgelei voor nie - die persoon wat jou employ op die ou end betaal vir die opleiding wat jy dan reeds agter die blad het ...   check dit uit http://www.kelly.co.za/

ons sal net 'n brief op 'n brief hoof kan gee wat se jy het dit en dat prakties ondervind en geleer by die maatskappy .... darem ook ietsie :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w