Author Topic: Lampoon in Afrikaans  (Read 19153 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #30 on: April 02, 2013, 04:45:01 PM »
Mooiloop Oom Eugene

Mooiloop Oom Eugene
al het ek jou nooit geken nie
het jy ten minste vir my baklei
toe ander ons verraai,
ons oorval met donker
vrede so verradderlik
gesmokkel het met my brein.
En dit lyk vir my jou lewe was
vir ons landsvlag in die wind,
vroeg gestryk sonder vrede vind,
deur uitverkoop bewind.
En ek sou jou beter wou leer ken,
maar ek was net 'n kind,
en lankal was jou vlag gestryk,
tog leef jou legende voort.
Uitgelate aan die reg
moes jy vir eie volk veg,
'n selfbeskikking superster,
deur menigte gehaat,
selfs na jou verlaat,
is wat die pers sê al:
" 'n Ruiter het geval"
Mooibly Oom Eugene
van ons manne op die grens,
wat jou spore nou beter sien
na die land se val.

*Dankie Marius. Hierdie gedig van jou pronk ook nou hier:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2748.msg18289#msg18289
« Last Edit: April 04, 2013, 11:37:40 PM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #31 on: April 02, 2013, 10:55:49 PM »
Ek sien Marius het gevra wat is die riglyne vir 'n lampoon. Ek gaan die volgende inligting net so plaas aangesien dit 'n baie duidelike uiteensetting het van die moderne weergawe van hierdie struktuur.

•Lampoon is modern day *Invective Verse. The modern poem can target anyone, not just politician or public figures and the frame of the poem is at the poet's discretion. (quatrains are still popular)

*Invective Verse is a genre of poetry that has its roots in ancient Greece but blossomed in ancient Rome. This genre includes denunciatory or abusive language attacking political and public figures with a slightly satirical tone. Although most were written "anonymously", Catullus, Cicero, and Juvenal seemed to have no problem taking credit for their dabbling in the dark side. These were usually written in the form of epigrams.

Invective Verse is:

1.caustic, derogatory and slightly satirical.

2.written to denigrate public figures, politicians.

3.usually written in Epigrams, short narrative quatrains, usually only 1, no more than two.

4.composed with rhyme and meter at the poet's discretion.

I found this quote and poem at Kaleidoscope.com, which is the best resource that I have come across online for the study of the history of poetry. "One of Catullus's fiercer examples, expunged from most post-classical collections of his work until the 20th century, is his poem 16, written against two critics:"

"Cicero's In Pisonem, a hyperbolic attack on Lucius Calpurnius Piso Caesoninus, is one of the best-known political examples."

Pedicabo ego vos et irrumabo,
Aureli pathice et cinaede Furi
qui me ex versiculis meis putastis,
quod sunt molliculi, parum podicum. . .

I'll bugger you and make you suck it,
Aurelius the submissive and Furius the sodomite
Who conclude, based on my verse,
Which is voluptuous, that I am too little chaste. . .

Bron: http://www.poetrymagnumopus.com/index.php?showtopic=1853

Ek kon geen ander inligting opspoor oor hierdie struktuur in Afrikaans nie. Dus, soos met baie ander is ons afhanklik van beskikbare bronne in Engels vir riglyne. Basies is die Lampoon dus 'n kort spottende vers (maksimum twee verse) teenoor politieke situasies/persone/omstandighede. Die rympatroon is oorgelaat aan die skrywer en opsioneel.

Marius, jou limeriekvoorbeelde as lampoons, voldoen aan die riglyne. Daar is verskeie kortstrukture wat ook gepas sal wees indien 'draaksteek' toegepas word binne die raamwerk.

Die langer gedigte van jou (Mooiloop Oom Eugene en Star Wars RSA) sou ek graag as voorbeelde vir ons Tragiekdigstruktuur (PM se benaming) wil gebruik. Zolkop is 'n pragtige aanvulling by Lirieke.

 :icon_salut: :notworthy:


« Last Edit: April 02, 2013, 11:39:00 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #32 on: April 03, 2013, 05:34:00 AM »
Iek sê ma net

Iek iss affie Kap menier,
waa dênk djyt iek darrie prât gelier?
Djulle whaities wat soe lag virrie die klank va mei,
ka hie annerrghkant Maamesbughrrei oek ma alte lekke bghrrei!
En wat va djy mê djou Preetoorieaanse taaal -
en elke woerd met sy prêgnint vookaal?
... en djulle sê ons prat snaaks?

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #33 on: April 03, 2013, 05:38:36 AM »
Lenin se partytjie

Olver speel met FW, FW speel met ons,
Nelson speel met klappertjies en laat ons hartjies bons.
Thabo speel met AA en steel broodjies by ons,
Julius speel met woordjies en laat die oues frons.

Ansie het 'n rooi een, Azanie 'sn is groen,
almal het 'n vlieër, behalwe Jan Pampoen.
Sy traantjies huil 'n reënboog, mamma wat moet hy doen?
Die tuintjie is vol duiweltjies, sy voete sonder skoen.

Fluit-Fluit hang sy vlieër daar aan die boom met die wit stam.
Wolf-wolf speel hy nou in die tuin as die wit lam. . .

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #34 on: April 03, 2013, 07:47:54 AM »
Baie dankie Marius, hierdie laaste gedig van jou spreek boekdele. 

Dankie vir die inligting Raaitjie, ek waardeer maatjie.   :icon_biggrin:  (I am a poet and I don't know it.)
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #35 on: April 04, 2013, 04:26:44 PM »
Ex Unitate Vires se moer
(nota van ‘n dooie soldaat)

Transformasie tamheid het in die Kongo genies
en vanuit die snotklap-verkoue ‘n felle verlies
Sewe-en-twintig gewond en dertien dood
en dit alles vir ‘n Chancellor house brood
hei da S-A-Wa
wat’s jou verskuilde agenda
wat de fok maak ons manne daar
tuis is ons grense deurlaatbaar
was dit admin of wanbestuur
of obevoegd bevorderde topstruktuur
was ons dissipline vol moed en eer
of was ons deur laaities met AK’s gedemoraliseer
is die weermag nou van so ‘n geburokratiseerde aard
dat leier loyaliteit ons troepe begin rondneuk en skaad
en hoe was die burger/militere verhouding
wat was die kern van die teekoppie-oorlog verbrouding
die base het mos ‘n agtegrond van rewolusie
nou hoe kla troepe dan oor te min ammunisie
het ons Reenboogland huursoldate
wat beskerm aan ANC se bankrekening state
het Zuma die eties morele toets geslaag
of Jakkalsdraai hy met sy antwoorde vaag
en roep die parlement die regering tot orde
of moet Jan Publiek hom in die media omgorde
moet ons sharrap want dis “none of our business”
moet ons maar vreet en aanvaar al belieg hulle ons disnis
is Suid Afrika ‘n leiding gedrewe land
of moet bly ons voortmarsjeer na lyding as voorland
gaan haal maar die manne van Marikana en Sharpville
hulle weet mos hoe skiet jy sewe soorte kak uit ‘n duiwel
en moenie worrie oor wet en gesigte verleë
die ANC se sjangomas sal dit mat ondervee.

*Dankie Marius. Hierdie gedig van jou pronk nou hier:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2748.msg18289#msg18289
« Last Edit: April 04, 2013, 11:37:05 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #36 on: April 30, 2013, 08:57:48 PM »
(Limeriek)

Daar het eens 'n girl saam my gewoon.
Sy was 'n mislike oggendpersoon.
Ons het getrou vir die seks.
Toe word sy later my eks.
Sy's tóé nie eers meer 'n middagpersoon!

Kopiereg Marius Buys 2013

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lampoon in Afrikaans
« Reply #37 on: May 01, 2013, 09:58:38 AM »
Dankie vir die bydrae Marius.  Ek wag nog om te hoor wat jy in die boek wil plaas.
Om te weet is om te verstaan.