Author Topic: kirabo  (Read 4851 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
kirabo
« on: September 28, 2011, 08:10:39 PM »
Dit was nou nie 'n vakansie of toer nie, sommer net daar ingedraai toe ek nou die dag vir Talie weggevat het om die trekker te gaan haal.








Die mannetjie nooi jou nader om te kom loer





is jy gerook dat jy nie kan lees nie?



of is jy gesyp dat jy nie kan sien nie?







die hoenderhaan kraai nie koning nie




gesigte









swembad



die baas van kirabo en haar man



tie a red ribbon on the old (old) tree.




met wynbottels









bietjie wyn maar lekker wyn





lekker om nat na ete te mag wyn proe op 'n woensdag







kom gerus die naweek van 8 oktober 2011 en besoek die breedekloof kelders met die breedekloof fees.

Kirabo is klein maar getrein.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: kirabo
« Reply #1 on: September 28, 2011, 11:57:41 PM »
Ek het GANIET in oorgawe!!  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kirabo
« Reply #2 on: September 29, 2011, 06:38:57 AM »
En die ouens wat naby my bly kan die 8ste by ons kom Kaggelvuur-rooiwyn en vers-klank en piekniek-kuier.

Lox, daai haan lyk soos ek vanoggend voel.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: kirabo
« Reply #3 on: September 29, 2011, 07:18:48 AM »
ek gaan môre oggend soos daai haan voel. die kinders het matriek afskeid en dan word die after party gereël by ns kelder en ek is verantwoordelik dat hulle nie droog maak daar nie, dus sal ek seker heel nag moet wakker bly. en ek kan ook nie voorslapie vat terwyl hulle afskyt nie want dan het ek 'n vergadering aan waarvan ek op die bestuur is. die ander 2 vergaderings vanaand waar ook van my verwag word moet maar bly.
vir wat als op dieselfde aand sal nugter alleen weet en hy wil nie sê nie.
dan wonder ek ook hoekom die matrieks altyd 'n afterparty moet hou, oor 5 jaar is dit seker die after party van die after party.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kirabo
« Reply #4 on: September 29, 2011, 07:27:01 AM »
Jammer vir jou Lox.   :icon_scratch:  Ek is bly dit is nie ek nie.   :icon_biggrin:

As dit net die manne is hoef jy nie bekommerd te wees oor droogmaak nie, dit is die natmaak wat die probleme sal gee. 
Soos my se ma altyd gesê het, dit is nie die saam slaap wat haar bekommer nie, dit is die saam wakker bly.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: kirabo
« Reply #5 on: September 29, 2011, 11:03:39 AM »
dis juis die probleem....daar kom girls ook saam. om die buite tenke by die kelder is alarms en ek het sommer vir hulle gesê daar orals om die geboue ook alarms en as een (of 2) daar rondloop gaan die alarms raas en die polisie gaan opdaag en dan is die party verby


ek wil hulle maar op daai manier in die saal hou dat hulle nie rond dwaal buite nie.

hoop dit werk.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kirabo
« Reply #6 on: September 29, 2011, 12:46:47 PM »
Hulle sal seker niks doen wat ons nie ook gedoen het nie Lox!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: kirabo
« Reply #7 on: September 29, 2011, 02:45:17 PM »
mmm dis mos waarvoor ek bang is

tjiekie jy was die mees onlangs in matriek van ons klomp hier, wat het julle op 'n after party gemaak?

ek sien anton kry nou klomp matrasse wat moet saal toe, ek dog hulle wil party hou nou lyk my hulle wil gaan slaap daar.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: kirabo
« Reply #8 on: September 29, 2011, 08:51:46 PM »
Haha die matrasse is vir ander dinge!  :evil6:

Nee ons was al ons matrieks en wie ookal nog by 'n vriendin se plaas, het daar ge deurnag maar gekuier en bietjie uhm alkohol gebruik, was al 18 op die geleentheid.  Het net groot gegaan, hehe die volgende oggend het mamma en pappa my opgelaai vir vakansie en toe sommer in 5minute slaap ek vas in die kar. haha
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kirabo
« Reply #9 on: October 02, 2011, 08:04:18 AM »
Ja Lox, dit is waarvoor ek ook bang was.  Daardie jare is die troue sommer vinnig gereël, die kombuistee en babatee en doop sommer in die dieselfde jaar as die matriekafskeid.  Dit is seker waar "matriekafskyt" sy naam gekry het.

Saterdag het ek gou gaan papier koop om die boek uit te druk.  Daar staan toe 'n jong meisiekiekie met 'n blikkiekie  en borkiekie om haar nek, in die middel van die besige straat:  Help met 'n donasie vir matriekvakansie!  Wat nog?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: kirabo
« Reply #10 on: October 02, 2011, 08:51:47 AM »
antionette se neef se dogter se man: op sy bachelors het die pelle hom 'n visnet kouse en miniskirt aangetrek en by 'n robot gaan aflaai met bord om die nek waarop staan, help, ek het geld nodig vir my honeymoon, en hyt so iets soos R700 gekry in 2 ure. baie mans was simpatiek en hom iets gegee.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kirabo
« Reply #11 on: October 03, 2011, 07:49:14 AM »
Hier by ons sien ons dit ook gereeld.  'n Ou (met 'n baardjie) was tot opgestop met 'n "magie" en 'n "nappy" aan.  Die bordjie het gelees:  "Nou moet julle help mense!"  Daar was nie 'n kar wat nie by hom gestop het nie. 
Om te weet is om te verstaan.