Author Topic: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude  (Read 12236 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« on: September 04, 2012, 01:25:07 AM »
 :toothy4: Outop het sy eie oplossing vir die kouer maande se kampery:)


Ons is nog steeds verstom oor hoe skoon kampeerders
die gemeenskaplike kombuise los. In die yskas kan jy
vleis/slaai ens met net jou naam op die houer bere en
niks sal verdwyn nie!


Vir $8 ekstra per dag kan jy staanplek kry met jou eie klein
badkamergeriewe, wat 'n blessing in die koue nagte is!



Die woude is sprokiesmooi












 





Die knoets teen die ou reus se stam het nes 'n beer gelyk :)



Uitsig van ver af...







« Last Edit: September 04, 2012, 04:13:44 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #1 on: September 04, 2012, 07:01:08 AM »
Dit lyk so rustig en vredevol.  Die gasverwarmer is ook net die regte antwoord.  Ek neem aan julle mag nie daar vuurmaak nie.   
Ons het 'n Knysnabos waar dit ook so reenwouderig wil wees.  Die otterwandelpad is 'n 5 dag staproete so deur die woude. 

Dit laat 'n mens se hart warm klop as jy 'n kampplek deel met opgevoede mense. 

Dankie weereens vir die voorreg om te mag "saam". 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #2 on: September 04, 2012, 07:06:34 AM »
Hulle het plekke waar mens kan vuurmaak, volgende dag kom hulle dit alles skoonblaas en vee en spuit af met water. Dan is dit weer silwerskoon. Mens mag nie vuurmaakhout uit die woude neem nie. Slegs koop en op baie plekke kom hulle elke dag vragte vol hout aflaai wat mens mag gebruik.
« Last Edit: September 04, 2012, 07:17:14 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #3 on: September 04, 2012, 07:17:43 AM »


So lyk die vuurmaakplekke wat hulle geskep het vir die kampeerders mater.
Hierdie was op ons tweede kuiertoggie, langs die meer geneem.
« Last Edit: September 04, 2012, 07:20:56 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #4 on: September 04, 2012, 07:40:31 AM »
Ag tog!  Van alles wat ek al in my lewe verloor het, mis ek my brein die meeste. 
Ek dag dit is 'n rusbankie!  :munky2:
Het wel gewonder hoekom dit nou met die rugkant na die water staan.   :color:
Regtig!  Posbusse word vogelneste en vuurmaakplek word rusbank. 

Ons is alewig besig om hout bymekaar te maak.  'n Vriend van ons het 50 black wattle bome verloor wat deur 'n stormwind omgewaai is.  Hy het dit laat opsaag en almal is welkom om te kom haal. 
Oudste het 'n denneboom in sy tuin gehad wat gegroet het en hy het dit laat opsaag.  Dit is baie lig en ons kap dit in klein dun repies en gebruik dit vir "aanstekers".  Sodra die vuur 'n bietjie rokerig wil raak dan plaas ons 'n paar dun dennestukke op en daar knetter en kraak die vuurtjie te gesellig.  Dit ruik ook baie lekker en ek en Hannes verkreukel ons oor die snaakse knoetse wat in die hout is. 

Nou is ek baie lus vir kamp. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #5 on: September 05, 2012, 12:01:12 AM »
Ek sien ook nou net rusbankies van yster. As mens jou verbeel die foto is van bo geneem kan jy maklik so fout begaan mater  :headbang: Hier langs die vuurtjie van julle wat so vrolik knetter en die knoetse, onthou ek nou van die bome langs die kus by die manne wat sulke vergroeisels het wat Outop laat jaloers voel  :icon_bigsmurf:
« Last Edit: September 05, 2012, 12:03:21 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #6 on: September 05, 2012, 05:51:56 AM »
Dit is skreeusnaaks.   :sign10:  Ons het gewonder wat dit is wat die vergroeisels veroorsaak. Ek sal bietjie gaan google. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #7 on: September 05, 2012, 05:54:38 AM »
Ek het vir ons twee kampstoele gesleep tot hier onder die Bloekomboom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #8 on: September 05, 2012, 06:09:58 AM »
Ek sal kom vertel.  Hier is solank 'n lekker warm pot boeretroos vir my en 'n pienketjie vir jou. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #9 on: September 06, 2012, 12:39:35 AM »
Dankie baie, ek het solank vir ons lekker 'nesgeskrop' met so rooietjie net vir die wis en onwis hoor  :love7:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #10 on: September 06, 2012, 02:48:24 AM »
Oeeeee Sustertjie, nou gaan ons kuier dat die biesies bewe.   :hello2:

Ek het toe gaan google oor die knoetse in dennehout.  Die ouens wat weet seg dat die boom takke uitstoot en dan groei die stam daar om.  Funky. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #11 on: September 06, 2012, 02:53:22 AM »
Nou weet ekke ook  :notworthy: Hou jou glasie, ek maak weer vol  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #12 on: September 06, 2012, 03:01:05 AM »
Dankie.  Ek het gou jou briefie gelees.  Willa sê dat sy baie besig is en dat die program nie so moeilik is nie.  Dit is net 'n nuwer weergawe van waaraan ons gewoond is.  Sy belowe om so gou moontlik te Skype. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #13 on: September 06, 2012, 03:17:00 AM »
Sodra Willa weer tyd het, sal ek kersopsteek daar en dan sal ons probeer en sien hoe dit vertoon mater  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #14 on: September 06, 2012, 03:24:19 AM »
Ek dink net dat 'n program waar mens nie kan spoeg en plak nie, bitter baie tyd in beslag gaan neem.  As dit dan nie meer 'n plesier is nie sal niemand dit wil doen nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #15 on: September 06, 2012, 03:31:23 AM »
Ek stem honderdpersent met jou saam matertjie. En dit moet besoekersvriendelik wees, ons vorige woordeboek was alreeds nie baie besoek nie weens die feit dat ouens gekla het hulle sukkel om deur dit te blaai en vir my was dit amper perfek opgestel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #16 on: September 06, 2012, 03:39:23 AM »
Vir die slimkoppe is dit maklik.  Hannes sê hy is BBC.  Born Before Computers, en ek ook.   :icon_biggrin:
Ek sal dit 'n kans gee, maar as dit  nie werk nie sal ons 'n ander plan moet maak. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kamplewe in Aus tussen die reenwoude
« Reply #17 on: September 06, 2012, 03:47:57 AM »
 :angel4: BBC ek moet dit onthou!!