Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Trapsoetjie on February 08, 2012, 03:08:03 PM

Title: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Trapsoetjie on February 08, 2012, 03:08:03 PM
Hopenlik dit met my deel  :evil6:  :evil6:  :evil6:  :evil6:  :evil6:  :evil6:

Wat sou jy doen met 'n miljoen? Ek sou myself daarmee kon versoen.  :icon_biggrin: Wel deesdae is 'n miljoen ook seker nie baie nie.

Ek sal seker nooit so gelukkig wees nie, want ek speel dit nooit nie.  :icon_biggrin: Kan tog droom, dit kan ek goed doen.  :icon_biggrin:

Het al so baie gehoor van die wat dit wel wen ongelukkiger daarvan afkom....is dit nou oor hulle kop verloor? Of toeval? Ek kan jou eending vertel en dis geen leuen, hulle kan enigetyd aan my deur klop vir hulp sal hulle met graagte help teen 'n fooi natuurlik... :tongue3:

Kom ons veronderstel jy het die Lotto gewen, kom vertel wat jy daarmee sou doen?

 :angel12:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: PM on February 08, 2012, 03:16:25 PM
Al my skuld afbetaal, en die res kan maar wag!  :icon_biggrin:

Ek sal die mooiste houtdek op ons huis se dak laat bou waarvandaan ek saans na die sterre en die volmaan kan kyk. 'n Rooiwyntjie en 'n braaivleisie sal goed daarmee saamgaan. Met die res sal ek 'n paar ander gaaitjies toestop. 
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Fransi on February 08, 2012, 03:17:10 PM
Die huis afbetaal en mooi maak. Pensioen vir ma, en blyplek vir my skoonouers en saam met my man die wêreld plattoer. My werk los en net kreatiewe dinge doen. :-)
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Meraai vannie Baai on February 09, 2012, 07:33:16 AM
Koop dadelik vir my familie vliegtuigkaartjies en kry grooooot wieletjieshuis om die pragtige land aan hulle te wys  :angel4:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Naas on February 09, 2012, 09:39:03 AM
Eers 'n plaas by Clanwilliam. Dan vir Outop en Ta' Raaitjie kuier. Dan deur die land met my handeviervoet en skilder tot my geld op is. (Trappies kan die plaas oppas en te perd patrolleer.)
NS> Die skoolhoof sal wel na 'n rukkie agterkom ek werk nie meer daar nie.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Fransi on February 09, 2012, 09:51:20 AM
 :icon_biggrin:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Trapsoetjie on February 09, 2012, 10:09:54 AM
O dankie Naas, ons moet sorg dat die rivier deur die middel hardloop vir die klei gooi ...  :hello2:  :hello2:  :hello2:  :hello2:

 :angel12:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Meraai vannie Baai on February 09, 2012, 11:22:26 AM
Oe jinnetjie kry ek en Outoppie sommer rillings net van INDINK hoe wonderlik dit sal wees as ons nou regtig vir julle op die lughawe kan gaan haal Naas. Sniksniksnik toe PM laaste jaar wou kom kuier was onse dorpie mos vir weke afgesny van lughawens en ander dorpe  :crybaby2:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Chichi on February 09, 2012, 10:17:57 PM
Ek sou vir my 'n flat gekoop het, my eie scuba gear (hard gear, ek het die res) en dan die res in tiaan se koffieshop in gestoot het, so dan soos 'n "silent partner" wees
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: PM on February 10, 2012, 11:39:33 AM
Eiendom is die beste belegging wat 'n mens kan maak.  Ek hou vir jou duime vas, maar jy moet eers 'n lyntjie in die water hê voor jy 'n vissie kan vang. :icon_biggrin:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Meraai vannie Baai on August 08, 2018, 02:36:52 AM
Net solank julle nie dieselfde fout maak as die vroutjie wat haar man geantwoord het met: ek sal helfte vat en jou los.
Toe gee die man haar $6, steek sy $6 in die sak en groet haar met 'n grinnik :`ip2:

En op daardie vrolike noot groet ek eers.  :hello:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Anastasia on August 08, 2018, 07:32:53 AM
As ek die Lotto wen, sit ek R100 by, en hou 'n moerse party!   :occasion14:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Naas on August 08, 2018, 07:51:02 AM
Ek het die storie ook wiskundig gaan benader en met 'n skok besef ek het 'n beter kans om verwagtend te raak as om die lotto te wen.  :nono: :pottytrain2:



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Anton Louw on August 08, 2018, 08:11:25 AM
Ek het gister so vinnig hieroor gedink en myself ook die vraag gevra.

Die eerste antwoord wat in my kop ingeskiet het was GEE ALLES WEG!

Ek dink so baie geld gaan my meer grys hare gee as die bietjie geld wat ek nou het!

Natuurlik het die gedagte net so vinnig uitgeskiet as wat hy homself daar gaan vestig het, en toe dink ek maar aan iets anders.
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Meraai vannie Baai on August 08, 2018, 09:26:09 AM
Outop probeer gereeld - hy se as hy speel het hy darem 'n kans. Hoe groot daardie kans is, is te bespiegel. My wiskunde is nog beperk tot elle uit die ark.  Hy het darem gese hy gaan weggee ook, so ek swyg maar as ek sien daar gaan tien dollars waarmee ek craftgoete kon koop en ietsie agterna wys  :icon_biggrin:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Naas on August 08, 2018, 10:57:14 AM
Geeft wat gij heeft, ist waardig dat gij leeft.


Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: PM on August 08, 2018, 11:06:43 AM
Ek koop vliegkaartjies vir al my kinders.  Agt van hulle en my twee vriende, Marie en Dries.  Hulle kan dan by ons kom kuier hier op die "plaas".  Raaitjie en Outop kan halfpad opklim en saamkom!  :hello2:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Meraai vannie Baai on August 08, 2018, 12:07:17 PM
Ons pak solank  :toothy4: :wave:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: PM on August 08, 2018, 12:56:13 PM
As almal hier is koop ons 'n bus en toer van plek tot plek en laai al ons matertjies op.  Man, sal dit nie 'n fees wees nie. 
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Anastasia on August 08, 2018, 02:17:14 PM
PM, daardie vliegkaartjie idee van jou klink briljant.  Maar vandag is pappa by my in die dogbox.  Ek reken vandag koop ek graag vir hom 'n enkelvlug kaartjie weg van die huis.  Hie hie   :confused1:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: PM on August 08, 2018, 03:34:02 PM
Ag nee!  Wat het hy  NOU  weer aangevang? 
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: Trapsoetjie on August 18, 2018, 09:28:11 AM
Van 2012 het my drome baie verander.

2012 Het ek nog gewerk en dan pas mens aan met wat jy kry.

2018 Werk ek maar vir myself en vir my beterhelfde. So nou pas ek aan met wat ek het.

Ek wil nog toer. Net genoeg he om die wereld te gaan beloer.
Ons kyk nou elke episode van Border Patrol. Vir die wat dit nie ken nie is die Australia's border. Dis ongelooflik hoe streng hulle is.  Dis 'n goeie ding, maar soms wonder ek of dit nie ook 'n mag ding is vir party mense is. Maar nou dwaal ek weer af.

Aftree by 'n stil dorpie. Naby die berge en die see. Beste van altwee werelde.  :dontknow:

 :angel12:
Title: Re: Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?
Post by: PM on August 20, 2018, 12:56:18 PM
'n Mens se behoeftes verander gereeld en ons is baie aanpasbaar, al is dit dikwels omdat ons nie 'n ander keuse het nie.  Tog oorleef ons die aanslae nê!   :pottytrain2:    :angel4: