Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Aspoestertjie se plek => Topic started by: Assie on August 10, 2021, 03:20:30 PM

Title: Kerkbasaar
Post by: Assie on August 10, 2021, 03:20:30 PM
Oom Suinige Petrus van die plaas 'Moertoebestuur' in ons distrik het elke jaar met groot vertoon 'n tjek vir R10 000 aan Dominee oorhandig vir die kerkbasaar. En elke jaar het die bank die tjek geweier met onvoldoende vondse.
Die jaar vra Dominee hy moet eerder vir die kerk iets van die plaas af skenk.
Hy skenk toe een van sy stoetbulle en die word by die basaar opgeveil.
Oom Suinige Petrus bie sterk op sy eie bul en die bod word op R10 000 aan hom toegestaan. Hy is baie bly, vat sy bul en gee vir Dominee 'n tjek vir die R10 000.
In my jong dae was die kerkbasaar die geleentheid op die dorp.
Die tannies het koekies gebak, melkterte en groot koeke. Daar was afval. Daar was wors. Daar was poeding, pannekoek, koeksusters en alles waaraan jy kan dink.
Alles aan die kerk geskenk deur die bakksters en boere ens.
Dan teen baie lae beskostigbare pryse verkoop sodat selfs die armes in die gemeente dit ook kon bekostig.
Dit was heeldag se pret en plesier.
Maar die basaar het verander. Niemand skenk meer enigiets nie. En wanneer die ware op die tafels verskyn is dit duurder as die wat in die mall verkoop word.
Die naweek se basaar:
R200 vir 'n choclate koek.
R100 per kilo vir kaas wat in die mall R80 per kilo kos.
Boerewors R90 per kilo maar R75 per kilo in Mall.
Geen pannekoek of koeksusters nie. (vermoed die gemeentelede weet nie hoe om koeksusters te bak nie en is te lui om pannekoek te bak.
Die basaar is dood... Lank lewe die rip off.

 :mumum:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: PM on August 14, 2021, 03:35:19 AM
Ai Assie,  :icon_scratch: ek is ook baie beswaard oor die bazaar.  Op Leeupoort het ons aan die einde van elke maand 'n bazaar.  Nou wonder ek ook maar of R5.00 vir 'n pannekoek dalk nie 'n bietjie dik is vir 'n daalder nie.  Jy weet mos hoe dun is 'n pannekoek. 
Nou sien ek ook dat die tannies wat koekies of koeke verkoop koppe bymekaar sit oor die prys.  Hulle sê ook dat hulle nie kan kers vashou by die malls se pryse nie, want hulle kry nie bestanddele teen grootmaat nie.  Nou-ja, die pret is uit die bazaar uit, nes jy daar seg.
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: adele on August 20, 2021, 03:56:38 PM
Selfde hier, dit sukkel om onder supermarkte se pryse te bly. Maar as 'n slagding geskenk word, is dit mos moontlik om onder die slaghuispryse te bly, want is basaar nie ook vir die armer lidmate tot hulp vir aankope nie?
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: PM on August 22, 2021, 12:03:53 AM
O gatta patatta, ek het gedink die besaar is juis daar om die kerk te help om fondse in te samel vir die minder gegoedes.
Nou weet ek ook nie of dit so sleg gaan dat die domnis nie die pyp kan rook nie.    Hoe dan nou?  Kan iemand dalk help met die regte antwoord?

Title: Re: Kerkbasaar
Post by: adele on August 23, 2021, 03:08:13 PM
Ongelukkig is hier 'n gemeente wie se ds verlede jaar "retrench" is agv finansiële tekorte, sal ook nie gou weer iemand voltyds kan beroep nie... hartseer, maar dis wat gebeur.
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: PM on August 24, 2021, 12:04:03 PM
Ons arme land is in 'n toestand.  Niemand glo dat dinge ooit weer sal herstel nie.   :icon_scratch:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: Meraai vannie Baai on September 03, 2021, 06:59:09 AM
Ek het my giggelpilletjie in vir die dag Assie maar daardie pryse van dinge op die bazaar deesdae is wrintie waar gatsakroof!
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: Assie on September 03, 2021, 09:29:48 PM
Eintlik is dit eenvoudig Antie PM. Die inkopies vir die basaar word in die mall gekoop en dan op kerkbasaar verkoop.
En die gemenelede skenk nie koekies of ander gebak nie, nee, hulle verwag die kerk moet die bestandele koop. Nou moet Oom dommenie maar geldjie bysit anders maak kerk niks nie.
Verby is die dae wat basaargoeterse uit die kombuis en vannie plaas af kom.
Die koekies en terte wat ons hier van die plaas af verniet gee word dan ook aan mall pryse onderwerp en hopeloos te duur verkoop.
Oupa se gierigheid is die duiwel se kopkussing en hy weier nou dat ons aande en dae om staan en bak sodat die duiwel rustig in die konsistorie kan le en snork
Oupa se as hy so deur die basaar stap verwag hy enige oomblik dat iemand met 'n sweep daar gaan instorm en al die witgrafte daar gaan uitboender.
 :mumum:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: Assie on September 03, 2021, 09:40:57 PM
Ai Ta Raatjie kan 'n ding so raak se.
"gatsakroof" wat 'n mooie woord.
Laat my nou wonder wat noem mens dit as hulle by die spermbank inbreek...

 :mumum:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: PM on September 06, 2021, 09:15:48 AM
Assie my kind, hoe laat jy nou so 'n ouvrou bloos!  :angel8:


Ek het juis vanoggend wakker geword met 'n lus wat uithang vir egte regte mosbeskuit.  Nog voor dit uitgedroog word, so lekker sponserig met 'n reukie wat 'n mens se tone laat omkrul. 


Waarvan praat jy dan nou in die kontsistorie  konsistorie leg en snork?  Dit is juis die duiwel wat so aktief besig is.   :dontknow:


Sakgatroof is 'n mooi woord Raaitjie.   :love7:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: Assie on September 06, 2021, 09:48:47 AM
Aai toggie, daai sondige lekkerte vol van Blommie se geil plaasbotter en 'n lekker sterk koppie moer...


 :mumum:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: PM on September 06, 2021, 09:52:03 AM
Nou praat jy my taal!  Ons hou steeds van moerkoffie en plaasbotter.  Hierdie plastic botter is nie vir ons nie. 
Het jy al die koffiebone in jou "pestle en morter" fyn gemaak.  Die geur trek deur jou hele huis en dit maak 'n mens se hart sommer warm.   :bootyshake:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: Assie on September 06, 2021, 11:14:20 AM
Antie vergeet ons brand en maal ons eie moer...

 :mumum:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: PM on September 06, 2021, 12:35:49 PM
Ons ook, maar partykeer is ons moer moerswaar.   :pottytrain2:
Skuus   :bootyshake:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: Meraai vannie Baai on September 06, 2021, 11:29:02 PM
Ai julle, voel ek nou so tuis soos laas in my ouma se sinkhuisie op die delwerye waar die swartgebrande ketel almal wat verby kom nooi vir 'n lekseltjie  :coffee2: Giggel ek oor die 'spermbankroof'  :sign10:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: PM on September 07, 2021, 09:14:19 AM
Glimlag en vanoggend in my mou toe iemand vir my seg ek moenie so vloek nie.   :evil6:  Moer man, kry ek op my moer so vroeg in die oggend.  Koffie is ook nie meer wat dit was nie.  :toothy4:


Is 'n spermbank 'n babanes?
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: Naas on September 12, 2021, 06:20:42 PM
Baba-inlegfabriek.
(spermbank)

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: PM on September 12, 2021, 09:06:36 PM
Goeiste, dit kan tog nie in blikkies wees nie?

Title: Re: Kerkbasaar
Post by: Naas on September 12, 2021, 09:41:15 PM
Glasies vol.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: PM on September 12, 2021, 09:45:50 PM
Dit is net ons wat glasies vol sperm by die kerkbasaar kan kry!  Dit raak laat al!   :angel4:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: Naas on September 12, 2021, 10:03:10 PM
Lekker slaap...

 :pottytrain2:  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kerkbasaar
Post by: PM on September 12, 2021, 10:10:46 PM
Jy ook my liewe matertjie.  Ek dink die laaste tyd aan daardie eerste dae toe ek jou besimpeld gesoebat het om deel van die forum te word.  Ek is so dankbaar jy het.  Lief jou stinkend.