Hie-hie, ek gee nie om wat jy dit noem nie matertjie, ek is net oorstelp van vreugde om jou weer hier raak te lees.
Ek het jou gemis en het ook elke Sondag kom loer of jy nie iets geplaas het nie.
Ek lief jou ook Elle. Julle is vir my soos een groot familie en as een van julle "laag lê" dan komkommer ek.
Muses het die manier om die "skip te vat"
sodra ons deur moeilike situasies gaan. Hulle is nou nie juis die beste van vriende nie nê! "Vakansie" hou ook nie vir altyd nie, stuur maar die telegram en skort die vakansie op!
Die nuus met die telegram was nie altyd goeie nuus nie. Soos dié een:
Pa stop Het 7de medalje gewen stop Nog 'n veer in die hoed stop Fees gevier stop geld klaar stop Stuur geld om huis toe te kom stop.
Jan stop Byt die vere in jou bek vas stop Vlieg huistoe stop Pa stop