Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Lekkers => Topic started by: PM on January 30, 2012, 10:57:21 AM

Title: Ongekookte klapperys
Post by: PM on January 30, 2012, 10:57:21 AM
600 gram versiersuiker
300 gram klapper (900 ml)
1 Blik kondensmelk (397gram)
1 Telepel vanilje geursel (5 ml)
Kwart telepel kremetart
Kwart telepel sout
'n Paar druppels rooi koek-kleursel

So maak mens:

Meng die versiersuiker, klapper, kondensmelk, vanilje, kremetart en sout saam.
Knie die mengsel goed.
Druk die helfte van die mengsel in 'n goed gesmeerde pan.
25 X 15 X 15 cm pannetjie.
Kleur die ander helfte en knie die mengsel goed.
Druk die pienk op die wit styf vas.
Plaas in die yskas om styf te word.
Sny vierkantjies.