Ons gebruik ons hande van lig tot donker. Daar is niks wat ons ouderdom weggee soos hande nie. As jy joune jonger wil laat lyk is daar 'n paar wenke wat algemeen bekend is maar tog nagelaat word in die haas van alles gedoen kry met net twee hande
1. Die eerste stap om te verhoed dat jou hande gouer ouer word as jyself:
Gebruik gereeld 'n vogroom en vermy sterk skoonmaakmiddels sonder om handskoene te gebruik. Dit geld ook vir tuinwerk wat eelte kan veroorsaak of jou vel uitdroog. Onthou om jou handskoene gereeld te was om onaangename reuke en die groei van mikro-organismes te voorkom.
2. Gebruik handsanitasie-middels met
skin-friendly formulas en weereens, bevog, bevog, bevog na elke handewas, kontak met hitte of ander skadevolle elemente. Gee veral aandag aan die bokant van jou hande waar die vel baie dunner is en dus gouer tekens van veroudering gaan toon.
3. Moenie vergeet om jou hande ook te bedek met 'n sonskermmiddel nie! Sonskade is die groot sondebok wat hande gouer laat verouder.
4. Vir sprankelende hande, onthou om een keer per week die dooie vel te verwyder (exfoliate). Meng eweredige hoeveelhede van olyfolie en suiker; vryf dit aan jou hande. Vee af. Was as jou hande te vetterig voel en bevog weer.
5. Bederf jou hande met 'n ligte massering elke wan en dan om sirkulasie te bevorder.
6. Onthou om jou naels ook te versorg! Net soos dit voordelig is om alkoholvrye dae te he, is dit goed vir jou naels om nie altyd naellak aan te smeer nie.
Die geheim van mooi hande is om dit dieselfde te behandel as wat jy sou doen vir jou gesig. Bederf hulle soms. Hier is twee skakels na videos om jou hande te bederf.
https://www.youtube.com/watch?v=v315MQIcSfchttps://www.youtube.com/watch?v=168lKIyc3lw