Ons is nou weer terug by Annlin, en ek sê vir julle, ek kan nie verstaan hoe ek vir 8 jaar daardie gemors van vandag sonder water, more soder krag en altyd sonder opvangs kon leef nie.
Die donderweer rammel oor die berg (wat net 'n poep en 'n baksteen hoog is) en die krag is af.
Ons het nou wel 'n kragopwekker, maar dit help niks vir opvangs nie hoor. Die torings werk met batterye maar as die diewe dit gesteel het is daar niks! Jy kan maar betaal vir opvangs, die verskaffers lag al die pad bank toe, maar jy kry nie diens nie. Nou sien ek orlas die borde wat sê, stem vir die DA as jy diens wil hê! Nou sit ek met my ken in my hande en ek vra! Regtig? Ons ry deur Warmbad (Bela Bela - die kookpot) en die rooi gevaar met die geel sweersel-letters, is die hele dorp vol, en ek wonder! Waar is ons oumense?