Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Louis on June 04, 2013, 04:54:54 PM

Title: 'amazing' mens
Post by: Louis on June 04, 2013, 04:54:54 PM
noudat ek n voorskou gesien het van my boek 2 goeters, kan ek net se,
PM, as niemand dit nog ooit vir jou gese het nie, dan se ek dit nou
JY IS 'AMAZING'!!  jy kan darem toor met prentjies en dinge
nie in my wildste drome so iets verwag nie - dis ongelooflik mooi gedoen

groot bondel dankies
Title: Re: 'amazing' mens
Post by: Fransi on June 04, 2013, 09:45:44 PM
 :icon_cheers: Stem.
Title: Re: 'amazing' mens
Post by: Meraai vannie Baai on June 05, 2013, 02:05:13 AM
Amen!!  :love7: :bootyshake:
Title: Re: 'amazing' mens
Post by: PM on June 06, 2013, 09:53:58 AM
Louis, dit beteken geweldig baie vir my, baie dankie vir die pragtige kompliment.   :bootyshake: Ek doen die forumdans!   :love7:
Title: Re: 'amazing' mens
Post by: Terry on June 06, 2013, 12:23:46 PM
Ja, as jy PM se werk sien, dan weet jy hoe baie liefde, geduld en aandag daarin gegaan het.  Maar om dit werklik te kan waardeer, moet jy langs haar sit terwyl sy haar "magic" doen.  Sy werk ongelooflik hard aan elke liewe bladsy en sal nie stop totdat hy 100% perfek is nie.  Ek voel persoonlik deel van die boek, net omdat ek ure en ure lank bygestaan het om te sien hoe sy aan dit werk. 

PM, dis waar wat Louis se, "Jy IS AMAZING".
Title: Re: 'amazing' mens
Post by: PM on June 07, 2013, 07:59:22 AM
Haai oe Blommie, ek trek my spitshoedjie oor my oë en boor met my toon in die grond.  Baie dankie.  Julle is almal vir my baie spesiaal.   :love7:
 :bootyshake:
Title: Re: 'amazing' mens
Post by: Angelica on June 08, 2013, 08:13:42 AM
Laat my baie spesiaal voel, want PM vertroetel en klee my skamele stukkies met soveel sorg...
Ek weet Boek 2 gaan 'n spogboek wees.  Meer nog as Boek 1.
Alles aan jou te dankie, PM.
Title: Re: 'amazing' mens
Post by: PM on June 08, 2013, 09:22:15 AM
Dit is omdat dit nie "skamele stukkies" is nie.  Dit is vir my 'n groot voorreg om julle te werk mag uitstal.  Ek slaag nie altyd met die eerste probeerslag nie, maar dan probeer ek net weer tot dit reg is soos wat julle ook daarvan hou. 
Dikwels kan ek ook nie agtergrond gebruik waarvan ek die meeste hou nie, omdat dit kopiereg op het.  Ek skryf 'n briefie en vra toestemming, maar hoor selde of ooit iets van die "eienaar".  Soms is ek lankal klaar met iemand se bundeltjie dan loop ek 'n ander agtergrond raak waarvan ek  meer hou en dan ruil ek dit.  Dan gebruik ek ook nie dieselfde agtergrond twee maal nie, maar ek doen my beste bes.   :icon_biggrin:
Title: Re: 'amazing' mens
Post by: Fransi on June 08, 2013, 10:51:46 AM
Dankie PM. Dankie vir jou harde werk en oor en oordoen. Ons waardeer dit almal inniglik. Ek kan nie wag om die nuwe boek te sien nie.
Title: Re: 'amazing' mens
Post by: PM on June 08, 2013, 02:59:51 PM
Dit is 'n groot plesier.  Ek doen dit weer. 
Title: Re: 'amazing' mens
Post by: Jeannedarc on June 08, 2013, 06:55:45 PM
'n glasie rouge, 'n vuurtjie wat 'n vonkie skiet en 'n groot merci van Jeanne D'Arc vir al die harde werk, lang ure en slapelose nagte om hierdie boek van embrio na geboorte te neem.
Title: Re: 'amazing' mens
Post by: PM on June 09, 2013, 09:23:38 AM
Dankie Jeanne D'Arc, nog 'n groot droom van my - om al my forumvriende om dieseslfde vuurtjie te kry met 'n glasie in die hand - intussen waardeer ek elke besoekie om ons vuurtjie. 
Title: Re: 'amazing' mens
Post by: adele on June 09, 2013, 05:39:10 PM
........omdat ek ure en ure lank bygestaan het om te sien hoe sy aan dit werk. 

ek beny jou  :love7: 

 :grommit: