Bak en brou > Deeg vir vleis of terte, pizzas, ens.

Deeg vir hoenderpastei

(1/2) > >>

PM:
Die PASTEIDEEG vir lui vroue soos ek
• 1k koekmeel
• 2 t bakpoeier
• 125 ml botter of margarien
• ¾ k melk
• 1 eier
• 2 ml sout
• Vryf botter in meel.
• Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ’n slap deeg.
• Drup bo-oor die hoender en bak by 180°C.
Wanneer die luivroudeeg gebruik word, moet die vleis lekker souserig wees. Die vleissous bak “in die deeg in”. Dit deug ewe goed op maalvleis of wildvleis wat ontbeen is.

Meraai vannie Baai:
Ewig dankbaar vir ons gas wat hier kom aansit het  :notworthy: PM, jy is 'n ster mater!!

PM:
Ek het gisteraand die lekkerste kluitjies gemaak.  Dit is regtig goedkoop en maklik.  Kyk gerus by Petra se modderkoekies. 

Meraai vannie Baai:
Het gaan loer en kwyl nog steeds  :toothy4:

Naas:
Die een gaan ek sommer die week proebeer.



 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version