Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on April 25, 2015, 07:11:27 PM

Title: Aftreksel, die basis van jou Sop...
Post by: Angelica on April 25, 2015, 07:11:27 PM
Hoender Aftreksel vir Sop
Jy sal vra:  Hoekom self maak?  Wel, het jy al die boksie-tipe geproe?  Jeg. Punt.  Geen hoendervleisies of vars produkte daarin.  Net 'n ou ekstrak-blokkie in water. Eie is lekkerder. (Hoor wie praat...:) )
1 Heel Hoender  - Dood. Natuurlik
2 Wortels
1 Seldery-stingel
2 Knoffelhuisies
1 Ui
1 Vars Bay Leaf
2 Pietersielie-takkies
2 Tiemie-takkies
1 Roosmaryn-takkie
4 Naeltjies
Of 'n Bouquet Garni - (Dis ekke daai)
S&P
Nou begin die dinge:
Sit al die bestanddele in 'n groterige kastrol.  Gooi genoeg koue water in om die hele klomp dinge te bedek.  Laat kook en verminder spoed.  Laat rustig prut vir ongeveer 2 ure.  Tussen-in kan jy die skuimpies afskep met 'n gaatjies-lepel.  Jy kan meer water byvoeg, indien nodig.
Na 2 ure kan jy die gaar hoender uithaal en die res in 'n skoon kastrol gooi.  (Hoekom? ) Laat weer kook en gooi jou S&P (Ek gebruik altyd vars gemaalde swart peper) in.  Skuif af van die warm plaat en laat afkoel.  Chill in yskas vir 2-3 ure, verkieslik oornag.  Die vet sal bo vergader. Skep af.  Jy wil dit nie in jou sop he nie, tensy jy 'n vleiserige sop van jou aftreksel gaan maak.  
Jy kan jou aftreksel vries en gebruik soos verkies.  Lekker vir die Winter wat aan't kom is.
Die gaar hoender het eindelose moontlikhede: Slaaie, pasta, chick&mayo...

++++
Title: Re: Aftreksel, die basis van jou Sop...
Post by: Meraai vannie Baai on May 06, 2015, 11:40:45 AM
 :hello2: Sooo bly jy noem dit moet 'n dooie hoender wees!