Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek

Maak jou eie kaggelpoefters met draad en tang

<< < (4/5) > >>

Meraai vannie Baai:
Verlede week het ek vir Outop 'n draad en paverpol visterman gemaak waarmee hy baie in sy skik is. Die visstok was geskep uit 'n sosatiestokkie en die katrol is gemaak uit 'n piepkleine garetolletjie wat ek in die helfte gesny het en weerskante was twee knope geplak. Tou is opgerol oor dit en kunsmatige aas (vis en krefies) was goedgunstiglik geskenk  :icon_biggrin:





PM:
Dit is werklik so pragtig.  Ek geniet al die "poeftertjies" wat jy so baie en is dankbaar dat jy dit met ons deel.  Baie dankie Raaitjie!   :hello:

Meraai vannie Baai:
Soos altyd is die voorreg om te kan deel, myne liefste PM.

Meraai vannie Baai:
Die nuutste poppie is ietwat van 'n karakter uit die ou cowboy dae. In my verbeelding sien ek haar hang oor die balkon terwyl sy die manne met die biere by die bar beloer...  :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Sy was nogal 'n uitdaging  :icon_biggrin: die hoed het my kniege amper geknak want ek het 'n neut gebruik vir haar kop en moes vinnig 'n plan beraam om 'body' te gee. Genadiglik het haar boskaas die takie verrig.


Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version