Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Brood, skons en beskuit => Topic started by: PM on March 30, 2011, 05:25:24 AM

Title: Bruinbroodresep.
Post by: PM on March 30, 2011, 05:25:24 AM
Hannes se bruinbroodresep.

500 ml koekmeel
250 ml nutty wheat
1 eetlepel suiker
2 teelepels sout
1 pakkie kits suurdeeg
plus minus 400 ml warm water.

Gooi alles in 'n menbak en werk dit met twee vurke tot 'n slap deeg.  Die deeg moet slapper wees as vir 'n gewone witbrood.
Smeer 'n pannetjie met botter, sit die deeg daarin en laat rys vir plus minus 'n uur of tot jy dink dit is twee maal die grootte.
Ons gebruik sommer 'n pot, sonder die deksel, wat in die oond gebruik kan word.

Bak vir 'n uur by 180 grade C.

Dit maak ook heerlike vetkoekies.  Ek gooi sulke teelepels vol deeg in warm olie en ten tyd al die vetkoekies klaar gebak is, is my maag vol.   

Soms sit Hannes sulke pinkie lange kaasstokkies in die deeg voordat dit begin reis.

Title: Re: Bruinbroodresep.
Post by: PM on April 13, 2020, 09:55:19 AM
Ek het net gou Hannes se bruinbroodresep kom haal.  Lekker!  :bootyshake: