nou ja hier is n begin van n reeks oor die diekels ... kom ons kyk of ek nou meer krag gaan kry om dit klaar te skryf...
Die Diekels van Kammaboom.... #1 die klein wurmpie
N kleine wurmpie is gebore onder die blare dak van n ou kammaboom...
Dis dan ook Daar waar die diekels woon, maar die wurmpie is nie sommer so n gewone wurmpie nie , oonee hierdie wurmpie is n spesiale een.
Want sien die diekels het sy papie gaan haal ver van die plekkie onder die kammaboom se blaredak.
Op n plek waar net sulke spesiale papies gekry kan word.
Voor ek nog verder vertel moet ek julle eers verduidelik hoe die diekels lyk, want hulle woon onder die kammaboom met die groot blare dak. Hulle woonplek lyk ook baie anders as die plek vanwaar mense maats kom
.
Sien die diekels is rooi van kleur maar as hulle kwaad word word hulle blou, en as hulle vreeslik opgewonde word pers en ongelukkig raak hulle geel.
Die diekels is gewoonlik pers juis omdat hulle n baie gelukkige diekel spulletjie is.
Nou sal julle seker vra hoekom sou die diekels n wurmpie wat nog in sy papie is gaan haal in n plek ver weg van die kammaboom.
Wel die storie wat ek nou vertel het eintlik lank lank terug begin...
Op n mooi helder sonskyn dag , roep hoofdiekel die ander diekkels nader onder die geselsdiekel boom.
En oo aarde die diekels is toe sommer baie nuuskierig , want hoof diekel roep nie sommer die diekels bymekaar onder die geselsdiekelboom nie en nog minder in so n vreeslike ernstige stem.
Stilte stile mede diekels rasper hoofdiekel se stem bo die gezoom van die klomp diekels.
En almal word stil.
Die rede vir hierdie grote gesels onder die geselsboom vandag is my diekels;iets wat baie groot vir ons kan wees maar meer belangrik ook wat ons lewe hier onder die kamma boom drasties sal laat verander ...
Aarde maar nou word daar gebrom en gezoem onder die diekels , sommiges word sommer nog perser as wat hulle alreeds is want wat hoof diekel nou vertel is mos sommer groot nuus en vreeslik geheimsinnig , en juis soos die diekels is is geheime nie iets wat hulle lank as geheime wil hou nie.
Stilte stile diekels stilte raas die hoofdiekel se rasper stem weer oor die diekels vir die 2 de keer.
Soos ek gese het gaan ons as diekels in kammaland moet saam werk en baie opofferinge moet aangaan om die lewe vir ons makliker te kan maak hier onder die kamma boom , want soos julle al weet word onse plekkie vreeslik bedryg deesdae deur die trolle wat om een of ander rede deesdae hulle vet groen vingers in ons spense druk en al ons kos opeet.
Ja ja skree die diekels dis waar en hulle breek ons huise se dakke en vat die kinders se speel goed weg.