Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Helpmekaar => Topic started by: Stof on January 31, 2012, 01:31:23 PM

Title: Lirieke vir Caroline
Post by: Stof on January 31, 2012, 01:31:23 PM
Die stofluis se maatjie Caroline Bosch is besig om musiek vir haar volgende album bymekaar te kry.  Daar is egter 'n tekort aan goeie liriekskrywers en wat sy kry, is nie altyd wat in haar repertoire val nie.

Hiermee 'n uitdaging aan die forumskrywers:  Laat ons klomp 'n paar trefferliedjies vir Caroline skryf sodat haar volgende album 'n platinum treffer sal wees.

Caroline is 'n baladesanger wat reeds vier albums op die mark het.  Maar weens buiterolspelers se rolle wat kontraktueel deel van haar loopbaan was, kom sy nie alles doen wat sy wou nie.  Hierdie kontrak is nou verby, en sy is dus vry om gebruik te maak van wie sy wil.

Gaan lees meer oor Caroline op www.carolinebosch.com (http://www.carolinebosch.com)

Laat haar volgende album wemel van forummusiek!

:stofluis:
Title: Re: Lirieke vir Caroline
Post by: PM on January 31, 2012, 01:52:47 PM
Hier is 'n paar mooi gedigte wat soebat om getoonset te word.  Die ouens wat kan skryf moet van die geleentheid gebruik maak.   :hello2:
Title: Re: Lirieke vir Caroline
Post by: Meraai vannie Baai on February 01, 2012, 01:15:02 AM
Wat 'n pragtige stem en die lirieke so menswees in alle fasette! Lieffff dit Stof!! Ek het by die woordeboek lankal 'n opsomming wat ek gemaak het om skrywers te help met riglyne vir die skryf van lirieke, gaan bewaar. Sal dit gou vir ons ook by skryftegnieke gaan uitstal as iemand dalk wil loer :notworthy:

http://afrikaanseforum.co.za/smf/index.php?PHPSESSID=25cadc9fa433840bbd8edaccb8bcb607&topic=1425.msg7729;topicseen#msg7729
Title: Re: Lirieke vir Caroline
Post by: Ah Willa on February 19, 2012, 09:09:18 PM
Hoeveel lerieke is al geskryf - en wie toonset die musiek?