Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on July 08, 2014, 06:34:34 PM
-
ek het vanmiddag die oorsprong van die koue gaan soek, mense, hier kon my honde teen 11.30 nog nie water drink nie, toe gaan gooi ek kookwater op die ys in hulle bak. Die temp was toe net 4 grade C
die wraak van Antarktika,
hoogmoedig in sy skoonheid
tot yswoestyn gedoem
laat die suidpool
in die duister ontwaak
om soekend na die son
sy hande te wring
uit sy dieptes te sug
en sy asem oor
die oseaan te blaas
woedend golwe opjaag
om in stormdrang mekaar
teen rotse te verpletter
nog nie tevrede nie
stuur hy sy yspoolwinde
om van oraloor
wolkformasies aan te jaag
tot hulle swaar en uitgeput
oor bergpiekkranse
en in diep dale rusplek soek
met nuwe koue opgewek
spoed ‘n suidewind
uit sy wegspringblokke
om sonder hart en siel
gevoelloos alle grasvlaktes
en heuwels met swartryp te dood
-
Toe ek vandag op "show all unread topics" druk, skrik ek myself in 'n ander dimensie in toe ek sien hoeveel ongeleesde items ek in my kassie het. Dit is onvergeeflik, maar ek wend nou 'n poging aan om op datum te kom. Skuus tog daarvoor.
Dit is werklik 'n pragstuk Adéle.
-
dankie lief Petrta ... ons wonder al wat hierdie jaar gaan bring ....
-
:love7: