Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on September 15, 2013, 09:11:31 AM
-
'n Mens se sin vir humor kan jou staande hou.
By 'n ander onderwerp het ek vertel van die haglike toestand waarin Beaufort Wes se begraafplaas is en dat heelparty grafte weggeval is.
Nou-ja, die van julle wat vir Hannes ken weet dat hy so 'n dro-e sin vir humor het.
My vraag was of dit die Stadsraad se plig is om die begraafplaas in stand te hou en sy antwoord was:
"Jy kan hulle seker nie verantwoordelik hou as die ouens hulself oopskop nie."
-
Lekker giggel ek nou.
-
:icon_biggrin:
-
hehehehe
-
Giggel ek nou vir daardie biltong-humor van Hannes.
My sin vir humor het al baie verleentheid tot gevolg gehad. Kan dit nie verhelp nie, so 'sebore' :icon_biggrin: en Apie se *0'tjie as mobiele- ink-kuns, was een van hulle... oordeel maar self. (Voor jy stenig, verander eers gou die twintig oor agt trek om die mond na twintig voor vier, bloot vir die plesier van humorgaatjies in die lewe.)
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Apie%20se%20gaatjie.jpg)
*0'tjie was ons icon vir gaatjie by 'n ander woeste (gesinkte) forum.
-
ek dink dis oulik, dan het ek en jy seker selfde tipe humor
-
Skreeu snaaks. :icon_biggrin: Daar kan my dag nou op 'n hogere nood begin. :hello2: