Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Groente => Topic started by: PM on January 30, 2012, 12:21:36 PM

Title: Toskaanse aartappels
Post by: PM on January 30, 2012, 12:21:36 PM
Toskaanse aartappels

So maak mens:

Grawe jou mooiste aartappels uit die tuin.
Was, skil af en sny in stukke.
Geur met growwe sout, olyfolie, gekapte knoffel en takkies gesnipperde roosmaryn.
Braai die storie in jou outydse swart pan tot daai velletjies sulke karamelskil maak.
Vat die pan, gaan sit in die spens, maak die deur toe en eet jouself in 'n koma in.  :hello2:
Title: Re: Toskaanse aartappels
Post by: Chichi on January 30, 2012, 08:53:38 PM
my moeder maak hierdie gereeld.... dits baie lekker