Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on November 15, 2018, 12:40:15 AM

Title: So lyk 'ek' ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2018, 12:40:15 AM
Mevrou Varkie het 'n foto gedeel by haar FB blad Mengelmoes wat my hart toetentaal en al gesteel het.  Nooit 'n foto gesien wat my as vrou (gees, siel en liggaam) so saamvat en weergee nie. Van die verweerde hout, kreatiewe blikbeker-blompot met rose en al. Hier is ek tuis. Hier hoort ekke.  Dit is my mees geliefde kleure bymekaar. Wonder ek nou hoe 'lyk jy' in 'n prentjie?

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Ek%20in%20n%20prentjie.jpg)
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: Naas on November 15, 2018, 01:43:56 AM
Yo!!!  Ta Raaitjie, dis skildermooi. Ek sien jou in die foto. Sonder fieterjasie maar tog gesortifiseerd en eenvoudig.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2018, 04:42:33 AM
Daar was net iets soooooo bekends in dit Naas - gevoel ek kyk na myself. Vir jou sien ek in hout wat lewe kry onder bekwame hande  :icon_biggrin: :notworthy:
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2018, 06:37:12 AM
Myself nou verkrukkeld gelag. Gawie se sy is 'n paplepel - sy stir orals waar sy gaan  :icon_biggrin: :bootyshake: :sign10:
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: PM on November 15, 2018, 09:13:57 AM
As jy vir liewe Heksie op haar besem gesien verbyvlieg het voor die maan, dan het jy my gesien.   :icon_biggrin:
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2018, 09:18:25 AM
O my wereld PM, daardie gesiggie van jou op 'n besem gaan vanaand by my kom spook soos Naas se storie van die bruid wat waai  :headbang:
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: PM on November 15, 2018, 09:32:04 AM
Moenie die punthoed en die besemstert miskyk nie hoor.   :wave:
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2021, 04:22:05 AM
Sinkplaatgiggel ek alweer oor 'n gas se skouer. Wonder hoe sal ons deesdae lyk? Mos my eergeboorte reg om fotos te kan plaas verruil vir 'n paar snare en as julle gaan deel, is ek siendeblind en as ek nie nou by die boeke uitkom nie, faal ek meer as net my bloedtoets.
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: PM on November 11, 2021, 08:48:03 AM
Ek lyk nog steeds soos liewe Heksie, net 'n lang grys vlegsel wat stokstyf staan in die maan.  Ek gaan daai vlegsel afsny.  Laat my oud lyk.  :evil6:
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: Assie on November 11, 2021, 02:19:20 PM
En ek is beslis 'n slow cooker. 38, vuurwarm maar kry niks gaar nie. Kry nie eers iemand wat wil roer met die lepel nie.
(sug)
Hy hoef nie eers die hele lepel te gebruik nie, die steeltjie sal genoeg wees.

 :mumum:
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: PM on November 11, 2021, 04:01:44 PM
Foeitog Assie, het jy al die hoekie vir eensames besoek?  Dalk loop daar 'n vangs vir jou.  Hoop net nie die ou steek lepel in die dak nie.   :icon_scratch:
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2021, 10:32:03 AM
Ons kan darem heerlik skerts tussen lyne ne. Ek wou nou 'n foto gaan soek om te pas by my huidige status van 'stief-oumagrootjie'. Meisiekindjie se stiefdogter het ons vereer met die status. More gaan oupa- en oumagrootjie die nuwelingetjie vir die eerste keer sien. So as ek stil is.. bla bla bla by die tyd ken almal al die storie as dit naweek raak ne!
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: PM on November 12, 2021, 10:44:28 AM
Baie geluk Stiefoumagroot!  :icon_biggrin:  Hoop die kleinding is pragtig en bring vir julle baie vreugde!
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: Assie on November 12, 2021, 11:47:15 AM
Ta Raatjie ly aan naweekstuipe.

 :mumum:
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: PM on November 12, 2021, 03:53:44 PM
Ek is hier Assie.  Moet nou nie vir jou stout hou nie.  Jy moenie dink as ek my 0 draai kan jy kom stout wees nie.  :nono:


 :icon_biggrin:
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: Naas on November 12, 2021, 04:08:17 PM
 :sign10: :snorting: :snorting: :snorting:
Lekker so Assie. Nou is jy in die brommerbollie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: Assie on November 12, 2021, 06:38:53 PM
 :dontknow: Nou wat het ek nou gemaak?  :dontknow:
Title: Re: So lyk 'ek' ...
Post by: PM on November 13, 2021, 04:36:49 AM
Jy moet mooi wees met Ta-Raaitjie, sy kon jou ouma gewees het.   :`ip2: