Die Afrikaanse Forum
Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: PM on April 13, 2011, 12:00:45 PM
-
Die Abhanga het ontstaan in die sewentiende eeu, in Indië.
Dit is ‘n Marathi vorm, die amptelike taal van Maharashtra in Indië.
Dit is geskryf en gesing deur digters en heiliges, (Saints) by tradisionele optogte.
Aanvanklik het dit gehandel oor geloofsake of godsdienstige toewyding, maar kontemporêre (eietydse) digters gebruik dit vry.
Abhanga is ‘n eenvoudige struktuur wat bestaan uit vier versreëls met die volgende lettergreeptelling:
6, 6, 6, 4.
Die tweede en derde versreëls rym met mekaar. a,b,b,c.
Die strofes of stanzas kan deur die digter bepaal word.
Soos met meeste gedigstrukture is daar altyd ‘n ander bron wat meer of verskillende inligting het, maar ek volstaan hierby.
Voorbeeld:
Vrees
Uit my vrese sien ek
mirasiedrogbeelde.
Dit is nié verveelde
gesigte nié.
Dit kap en grou na my
en elke helle keer
kom tornado dit weer ...
Trap my sinloos.
Lam en uitgeput lê
ek met my arms om
‘n liggaam moeg en krom.
Uitgemergel!
Sak die son se kop weg,
draai die mirasies Wes.
Leer jy tog hierdie les:
Vrees bly net vrees ...
©
-
Ek nooi almal om hierdie gedigstruktuur aan te pak en saam te speel. Skryf jou weergawe en kom plaas dit hier. Volgens my mening en my ervaring, is dit die beste "breinprikkeling" vir enige skrywer om "uit sy kassie" te dink. Dit is een van die beste hulpmiddels wat 'n skrywer kan gebruik om sy skrywerk te bevorder. Kom speel saam!
-
Gisters se nou.
Ek tuur oor Bloubergstrand.
Branders golwe en see.
Deinstig skyn die heimwee
deur mistigheid.
Dof deur newels flikker
moederstad se liggies
soos karoogehuggies
se vetkerse
Verlang se skoene loop
met my die berge oor
om te verdwaal nog voor
ek koers kan kry.
Verdwaal in die onthou
van jare lank geleë.
Met kinderlike tree
Waggel ek voort
Waggel ek deur gange
deinstig in tyd verdof
Rakke onthou, vol stof
Raam die mure
Ek tuur oor Bloubergstrand
en ek leef die gisters
van gekoekte susters,
verlos in nou.
:icon_bigsmurf:
-
Dankie Naas. Jy is 'n ou doring! Dit is 'n pragvoorbeeld. Hoe lyk dit, gaan jy die ander gedigstrukture ook aanpak?
-
Nou ja hier is ekke ook! :icon_thumright: Kyk julle is te oulik vir woorde. Ek gaan ook probeer. Die een behoort my aan die gang te kry...eish :dontknow:
Nou waaaaar is ekke...Mmmmmm.. >:D nie heeltemaal nie, laat ek weer koekeloor.. :wav:
Het hom. :angel12: :angel12:
-
Ons wag in spanning Trappies! Gooi hom Nooi! :read:
-
Abhanga :dontknow:
Ek het vrydag probeer,
nou is die naweek oud.
Skimme van die ou goud,
skommel in my.
*Die ou goud = Abhanga*
Ylhoofdig
Ydel soeke na niks,
los my met verwyte.
Winter liefde winste,
bring droewigheid.
-
Baie mooi Trappies! Die lettergrepe is perfek en die rympatroon ook.
Ek dink "winterliefde" moet een woord wees want dit is nie winter en liefde nie. Een begrip, een woord.
-
Ek dink jy het dit reg PM.
Ylhoofdig
Ydel soeke na niks,
los my met verwyte.
Winterliefde winste,
bring droewigheid.
-
:hello2: Nou lyk dit vir my dood dollies! :wave:
-
Steilte van die lewe
As die skemer kom, dan
sluip eensaamheid suutjies
nader; skuil in gaatjies
van donker angs
My bangwees vir alleen,
ego soos refreine
wat beur teen die steilte
van die lewe
Normale denke vlug
rigtingloos - in kringe
van die bangmaakdinge
wat hoop, verwurg
En ek, net ek alleen;
aan't soek, nag na nag
in hierdie donker skag
na die uitgang ...
©Meraai vannie baai
-
Pragtig Raaitjie. :hello2: Dit is heerlik om weer saam te speel! :love7:
-
So groot voorreg mater! Ek het weer 'n nuwe liggie wat wink op die horison as ek alleen voel :hello2:
-
As daar nog iets is wat ek graag wil leer is dit om goeie kommentaar te lewer. Ek staan altyd met 'n bek vol tanne en weet nie wat om te sê nie. Ek lees en ek lees weer en ek hou daarvan, maar kom die tyd om iets te sê dan klink woorde so hol! Ek is altyd so bang ek lewer kommentaar wat die skrywer sal afkraak, al bedoel ek dit nie so nie. Ons is tog hier om mekaar te bou.
Kyk nou, ek wil vir jou sê ek hou nie van hierdie komma nie "wat hoop, verwurg". Verduidelik asseblief vir my hoekom het jy dit daar geplaas.
-
Gaan DOL hierdie kant, het net gou kom inloer om boodskappie te los dat ek eers weer volgende week se koers sal kan kuier tussen die ABC disse.
Jy vra oor die komma na hoop. As ek die gedig hardop vir jou sou voorlees sal die woord hoop uitgerek wees met 'n rukkie stilte (dus 'n rusplek wat die hoop laat hang in die lug) voor die finaliteit van die werkwoord 'verwurg' volg. Andersins sal dit net 'n gewone sin wees waarin die verwagting wat hoop skep in die verband, verlore sou gaan.
In my werk plaas ek die meestal die komma waar ek outomaties 'n rusplek met voorlees sou toepas :toothy4: Hoop jy verstaan dit nou beter matertjie :bootyshake:
-
Nou maak dit vir my perfek sin! Ek sukkel nog steeds met die leestekens. Verduidelik vir my hoekom gebruik jy nie 'n punt na elke sin nie. As daar 'n punt na verwurg was, sou die verwarring nie ontstaan het nie. Help tog! Ek kritiseer nie hoor, ek wil net klaarheid kry.
-
Baie goeie vraag mater! Ek moes dink hoekom ek myself skuldig maak om soms nie 'n punt aan die einde van 'n gedig te plaas nie en gewonder hoeveel ander van ons maters dit ook doen? Gaan loer ek vinnig na die bundels wat ek hier het. In Blikemmer het ek op 'n paar voorbeelde afgekom waar ons digtersmaters ook die punt verontagsaam het.
Sou dit wees dat ons soms voel dat daar nie die finaliteit van die leesteken aangebring moet word nie? Eie stempel/voorkeur?
Annie het ook in haar twee puik voorbeelde van die Cinquain struktuur in die bundel hierdie teken uitgelaat, asook in haar pragtige diamantgedig was voorbeelde waar ek, na ek gelees het, ook besef het dat ek nie die leesteken sou aanbring nie.
Len Kriel het ook in sy Haikoe gedigte slegs by die eerste gedig 'n punt gebruik en die res (5) gedigte is sonder punt.
Mel se 'Aan my Simson ... van jou Filistyn en Gesertifiseer', skaar hom ook by die puntlose skeppings.
Leigh Carlson se pragtige Kaalvoetkind, Perskebloeisel en Skryf vir my 'n sprokie, is ook nog voorbeelde van die trant en Die grootste geskenk van 'n digter volg dan ook dieselfde aanslag.
Selfs in die pragbundel van Boksemdaais volg Ann Hiemstra ook hierdie puntlose paadjie met Gedig, Oerbos, Een jaar oudjie, Sondagskemer en Bethesda.
Annelie Janse se gedigte (22) en vele ander, ontbreek hierdie leesteken ook geheel en al.
Hoekom ons dit doen? :dontknow: Ekke weet regtig egtig nie :love7: Lief jou stikkent!
-
'n Sin maak eers sin as sy punt gemaak is. In 'n gedig is die weglaat van die punt egter die punt van die sin.
Ek sukkel maar om PM te laat verstaan dat dit wat jy daar verwag ook betekenis kan gee as dit nie daar is waar jy dit verwag nie. Daardie "Nou waar de @@#$ is die komma/punt/tweede nie?" is dalk juis die reaksie wat die digter soek. Dit laat jou dalk weer na die sin kyk en dan verstaan jy dit beter of ENS.
Toegegee, soms vergeet die digter om die punt te maak maar dis nie die punt nie.
:icon_bigsmurf:
-
Die punt is :icon_biggrin: ek sukkel om by myself orde te skep. Ja, Naas het my lank probeer verduidelik dat ek te verwagtend is, :icon_biggrin: maar nou-ja, ek verstaan nie maklik nie en ek vra tog vir hulp asseblief. Ek verstaan as 'n skrywer 'n doel het met 'n woord, of 'n weggelate leesteken of 'n leesteken wat ingevoeg is, maar as ek nie die doel daarvan kan insien nie, of dit skep verwarring by my as leser, dan wil ek 'n verduideliking hê. Om te weet is tog om te verstaan! :icon_biggrin:
Ek kan talle gedigte uitwys waar elke versreël met 'n hoofletter begin en daar gladnie van enige leestekens gebruik gemaak word nie, maar my vraag is dan: Is daar geen reëls nie?
Dit sou vir my makliker wees om 'n gedig te lees met geen hoofletters en geen leestekens nie, want dan kan ek in my gedagtes die goed plaas waar ek dit kan verstaan. Dit neem my 'n rukkie, maar dan weet ek ook nie altyd of dit reg is soos ek dit lees nie, is dit hoe die skrywer dit bedoel het?
Hoe antwoord ek iemand wat vir my vra wat is die algemene reëls i.v.m. leestekens in die digkuns? Ek weet nie, want elke ander persoon gebruik dit anders.
As julle my kan help om navorsing te doen hieroor, sou ek dit baie graag by "Kom ons help mekaar" by "Leestekens in die digkuns" wou sien. Groot asseblief!
-
Digkuns... Ja. Dig is 'n kunsvorm. Wanneer "gebeur" kuns. Kuns gebeur wanneer 'n man 'n kwas optel, nie om sy huis te verf volgens verfreëls nie, maar, met die doel om die reëls te breek en iets "Ongewoons" te skep. Iets wat nie aan reëls voldoen nie.
As jy reëls wil maak en vaslê vir digkuns haal jy die vrye reg om buite die boks te werk uit die digter se hande en bind hom sodat hy nie vrye skeppings kan maak nie. Wanneer hy dan jou reëls oortree gaan dit jou net meer frustreer.
So, PM. Dit wat jy nou wil doen kan nie gedoen word nie. Ek weet hoekom en waar jou frustrasies vandaan kom maar dit is ongelukkig net jou probleem.
"Hoe antwoord ek iemand wat vir my vra wat is die algemene reëls i.v.m. leestekens in die digkuns? Ek weet nie, want elke ander persoon gebruik dit anders."
Jy sê doodeenvoudig vir hom die volgende. "Leestekens en Hoofletters in die digkuns se reëls is presies dieselfde as in enige ander geskrewe werk maar dit kan "buite die boks" aangewend word deur die skrywer met die doel om buitengewone werk te skep.
Moet om hemelsnaam nie probeer om digters se kreatiwiteit met reëls te beperk nie..(Daar is reëls maar ons digters is soos Taxibestuurders en steur ons nie so baie daaraan nie.)
:icon_bigsmurf:
-
Dankie vir jou inset Naas. Ek sal nou en hier my hardkoppigheid laat staan. :love7:
-
Geskoei en geskool op tradisie, :book1: bou nou voort op nuwe fondasies :notworthy:
-
Sal so maak Raaitjie. Dit is lekker om jou weer terug te hê! :hello2: :love7:
-
Van verlang gepraat....
:icon_bigsmurf:
-
Sewe jaar gelede! Wanneer speel ons weer saam met die ABC?
-
Vra ek ook mos! :book1: :icon_scratch: :dontknow:
-
waar de moer
rig is my kar...
se sleitels nou wee
rrrr
Nie op die ysss
kas nie okie oppie
stoel dalk onder die
bed.
Oo! Daar is dit. Waar dit hoort, aan die sleutelhouer teen die muur.
:pottytrain2:
:mumum:
-
Waar is die dae toe ons gedigstrukture gedoen het. :icon_scratch:
-
Aag seker nie ver nie.
:icon_bigsmurf:
-
Vat jy my gedagtes baie ver. :toothy4: