Digkuns > Digformules of -strukture

Blitz gedigstruktuur

(1/3) > >>

PM:
Skryf gerus saam aan hierdie struktuur,  dit is nogal 'n ondervinding.  Begin net,  die res sal inval. 

Hierdie is ‘n gedigstruktuur wat deur Robert Keim ontwikkel is.
 
Dit word geskryf in kort frases wat vinnig gelees word.  “Blitz”  (Haal net vinnig asem tussen in)

Die struktuur bestaan uit ‘n titel van die gedig, bestaande uit drie woorde.  Stel die titel saam uit die eerste woord van reël drie en die eerste woord van reël 47.

Daar is 48 kort reëls met die minimum van twee woorde per reël.  Geen leestekens.  Dan word die gedig met nog twee reëls afgeluit:  Die laaste woord van reël 48 en die laaste woord van reël 47.  (50 reëls in totaal.)

Voorbeeld

Titel: Wolke is natuur

Begin nou die gedig met ‘n kort frase.

1)   Reën is hemels

Die volgende frase moet begin met die eerste woord van die eerste frase.


2)   reën is dragtige wolke


Begin die derde en die vierde frase met die laaste woord van reël 2.  (wolke)

3)   wolke wat hang in die lug
4)   wolke wat lewe gee

Die vyfde en sesde frase begin met die laaste woord van reël 4, en so volg ‘n mens die patroon van herhaling tot by reël 48.

5)        gee skoonheid
6)        gee krag
7)        krag vir verstand
8)        krag vir die dag
9)        dag om te werk
10)      dag om te speel
11)      speel vir vreugde
12)      speel vir die siel
13)      siel is gevoed
14)      siel is vol
15)      vol van blydskap
16)      vol van vreugde
17)      vreugde vir mens
18)      vreugde op aarde
19)      aarde van storms
20)      aarde van oorloë
21)      oorloë is sleg
22)      oorloë is wreed
23)      wreed teen mens
24)      wreed teen dier
25)      dier so afhanklik
26)      dier so vry
27)      vry van plig
28)      vry van sonde
29)      sonde teen die mens
30)      sonde teen God
31)      God is goed
32)      God is groot
33)      groot van liefde
34)      groot van genade
35)      genade vir almal
36)      genade vir alles
37)      alles op aade
38)      alles daar bo
39)      bo ons verstand
40)      bo ons denke
41)      denke van vrede
42)      denke van plesier
43)      plesier van eet
44)      plesier van drink
45)      drink die liefde
46)      drink die natuur
47)      natuur is wonderlik
48)      natuur is salig
49)      salig…   (laaste woord van reël 48)
50)      wonderlik…   (laaste woord van reël 47)

Naas:
Bossies se voortbestaan

Dorre Karoovlaktes
dorre peperkorrel bossies
Bossies oortrek met stof
bossies kaalvinger smekend
Smekend om genade
smekend vir lewens water
Water vanuit hemel
water uit verre wolkies
Wolkies saamgepak op horison
wolkies deinstig vêr
Vêr van verligting
vêr bo dorre aarde
Aarde wagtend
aarde soekende
Soekende verlange
soekende hulpkreet
Hulpkreet na verlossing
hulpkreet om lewe
Lewe in die grond
lewe in bossies
Bossies weer skoon
bossies getooi in groen
Groen die takkies 
groen die aarde
Aarde dankbaar
aarde versadig
Versadig in die soeke
versadig in geboorte
Geboorte van lewe
geboorte van voortbestaan
Voortbestaan verseker
voortbestaan vasgevang
Vasgevang in bossies
vasgevang in dierasies 
Dierasies jubel
dierasies dans
Dans om grasgroen bossie
dans van lewensvreug
Lewensvreug gestort
lewensvreug ontvang
Ontvang uit hemelswater
ontvang vanuit natuur
Natuur wat onderhou
natuur wat omgee
Omgee vir haar wesens
omgee voortbestaan
voortbestaan van almal
voortbestaan van lewe
Lewe… 
Almal…


 :icon_bigsmurf:

adele:
iets wat ek ook gaan probeer, ek hou van julle werk, dit vertel so baie en vind aanklank by elke emosie weens die herhalings.

 :grommit:

PM:
 :hello2:  Dit is heerlik om hierdie gedigstruktuur te skryf en heerlik om dit te lees!   :hello2:

Pragtig Naas!   :icon_salut: 

Ek daag almal uit om een te skryf!  Vat hom Flaffie!   :icon_biggrin:

Trapsoetjie:
Hou vir hou!

ek wil nie meer weg hardloop nie
ek wil jou net styf teen my hou
hou-op verdwyn
hou jou arms uit
uit die oog van liefde
uit soeke van verward
verward word gevind
verward kom onthou terug
terug waar jy hoort
terug in ons liefdes kring
kring van ‘n sirkel
kring wat terug na geluk huppel
huppel jou lag terug in my ore
huppel jy voor my geestes oog in
in my drome sal jy altyd bly
in my lewe is waar ek jou soek
soek ek jou reuk in jou kussen
soek ek nog bietjie langer in jou arms lê
lê daar ‘n wereld voor ons oop
lê ons geluk by ons voete
voete wat wil dans
voete warm bymekaar
bymekaar sal ons vind
bymekaar hoort ons saam
saam deur die lewe loop
saam sal ons alles oorwin
oorwin my hart
oorwin jou hart
hart vol begeerte
hart vol wense
wense moet saam jou loop
wense is ‘n droom
droom oor ons twee
droom ons lewe saam
saam gaan ons oud word
saam wil ek jou vrou bly
bly dis jy wat my gekies het
bly tog net by my
my grootste begeerte is jy
my grootste vrees om jou te verloor
verloor is ‘n pyn
verloor wil ek vermy
vermy my nooit
vermy dus die versoeking
versoeking is jy vir my
versoeking wat ek by my wil hou
hou ons droom waar
hou ons belofte
belofte...
waar...

 :angel12:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version