Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: PM on December 08, 2011, 10:56:27 AM

Title: Aangeval
Post by: PM on December 08, 2011, 10:56:27 AM
Gistermiddag, helder oor dag, is 'n familielid op 'n plaas, in die huis aangeval, vasgebind en beroof.  Vier van hulle het met haar bakkie weggekom.
Een van hulle het 'n handwapen gehad en toe gaan die skoot af en hy skiet per ongeluk sy eie makker raak, deur die hand.  Toe slaan hulle op die vlug. 
Title: Re: Aangeval
Post by: Trapsoetjie on December 08, 2011, 11:05:15 AM
O dis vreeslik. Gelukkig het die handwapen "per ongeluk" afgegaan. Dinge kon so veel erger gewees het. Hoop sy is okay. Weet nie hoe hulle met hul gewete kan leef nie.
 :angel12:
Title: Re: Aangeval
Post by: PM on December 08, 2011, 11:30:54 AM
Dit maak my baie bitter.  Die honde is nounog skoonveld.  Hulle het meer geld as verstand.  Daardie vrou kon verkrag of vermoor gewees het.  'n Mens moet meer doen om jouself te beskerm.