Die Afrikaanse Forum
Die Biblioteek => Die woordmandjie/Skrywers-skatkis => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 14, 2016, 04:00:54 AM
-
Lees ek nou die volgende raak: die persoon beweer sy het nie aspris gewig aangesit nie - dit was 'n snaccident. Nou wonder ek, sal so gewigtige oepsie nou 'n snoepsie wees in Afrikaans? Kom help :book1: :bootyshake:
-
"snoepsie" is 'n pragtige woord vir "omymagtagdaareeteknouperongeluknbloksjokeladeineensittingalleenop"
Mooi so Ta Raaitjie
:mumum:
-
En jou suikersoet-tameletjiewoord is sooooooo gepas daarby Assie. Welgedaan :notworthy: :hello2:
-
Ag nee, ek hou niks van daai woord nie, dit maak my net lus, belustig, honger, kouering, snoeperig, ens.
-
Innige snoepatie mater :icon_biggrin:
-
'n Snoepsie op sy tyd is soos brood en konfyt
doen jy dit reg sit jou jeupe uit
al noem jy dit 'n liplekblunder
jou magie raak nie dunner
om per ongeluk so duk te word
is 'n suikersoete boeresport
Daai snoepsigtige liplekblunder
wanneer ons die yskas plunder
daai maak die lewe die moeite werd...
:mumum:
-
Ek trippel opgewonde en dink by myself, geseend is ons om vir Assie met haar wysheid in onse midde te he. Ek verlustig my aan elke snoepige lyntjie :toothy4:
Liplekblunder :love7: :hello2: :notworthy: :icon_salut:
-
Werklikwaar. Ek geniet elke lyntjie.
Iemand vra vandag vir my wanneer kry hulle boek drie, seg ek, sodra die skrywers weer wil skryf.
-
Dan moet ons plan maak :toothy4:
-
Ffffrikidel... Hoe het ek die gemis.
As die suiker jou beetkry
En die ouderdom jou boepry
Smul jy die sjokolade
Weggesteek vir gade
Want wat vroulief nie weet
Veroorsaak jou nie leed.
:icon_bigsmurf:
-
OOM NAAS!!! EK GAAN VIR TANNIE ELMARIE VERTEL!!!
:mumum:
-
Klikbek!!!
-
Ek het hierdie snoepgoed baie gemis. My dag was besiger as besig, nou kom ek gou 'n bietjie "aflaai". :hello2: