Die Afrikaanse Forum
Woordskuur => Woordbou => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 19, 2013, 11:18:44 PM
-
Piet Magriet:
Afloerkat iemand wat jou werk afskryf
Alleen - sielsalleen, forumalleen (het niemand om mee te gesels nie.)
balievet
bibberbang
Bang - skuitbang
Bedroef- snotbedroef, snikbedroef
Bekend- lankbekend, oudbekend
Benoud-hartklopbenoud
Beroemd- Egoliberoemd
Besope- slingerendbesope
Bitter-bitterbekbitter
Blank-blank de blank (grappie) bloemblank, blomblank, bloesemblank
Bleek- spookbleek
Blou-bloubulblou
Breed-genadebreed
Diknek grootprater
Deftig-bloemendeftig,koningsdeftig,
Dom- blonddom
Donker-heldonker
Dood-vrekdood
Duur-petrolduur, dieselduur
Eerlik-godseerlik
haelwolkwit
handjiesklapbly
IKdemis-ikademis Baie slim persoon.
kruipdronk
kapokbosvaal
Kwaai-vlamkwaai
Mcfarlanverlief
medisynesleg
muisvoëlvaal
oliedromdik
poepdronk
Rubberbek haasbek
Spierklopper manlike masseur
Shoeee gaan weg
tjierts-styf
slakstadig
slingerdronk
slingerbesope
sonblind
Taai-tameletjietaai
Tevrede-sielstevrede
Visteef ‘n vrou met ‘n skerp tong
Vroetelmeisie vroulike masseuse
Varknek – onbeskofte persoon
vlamwarm
vaatjiedik
Vaal-Zimvaal
Vinnig-Woesvinnig
Vol-Woesvol
Wakker-dagbreekwakker
Rina Greef:
1 tinteltong : ʼn lekker of amusante vertelstyl/ verteltrant;
bv. Met sy tinteltong het hy die mense ure lank vermaak.
2 bollie-patrollie: om huishonde voor slaaptyd na buite te laat gaan
3 witbeentjies: lank gelede reeds oorlede
Intensiewe vorme
4 bang = bolbroekbang
-
Annie:
*Asdom Intensiewe vorm vir dom (utgebrande hout beteken niks)
*Bedroewigbesope Intensiewe vorm vir besope
*Eskomdonker Intensiewe vorm vir donker
*Humorlopens toe vol Storie wat oorlopens toe vol humor is
*Spookbleek Intensiewe vorm vir bleek
*Valroep Miss call
*Holbrand As jy baie sterk rissiesous eet
*jaroep (geen beskrywing by)
*Stukkies-storie vir 'n vervolgverhaal soos op die forum, elkeen skryf 'n stukkie verder
*truratboodskap vir daardie boodskap wat vertel dat eposse nie deurgegaan het nie omdat die adres dalk verkeerd is, of daar 'n
blokkasie op die server was of so iets.
Chenél Pieterse-Boyle:
Urk - ‘n Dom persoon
Wigger – ‘n Wit agtergeblewende
Slymdiertjie – Snot
Kwispetis – Iemand wat altyd iets wil betwis
Palmer – Bedelaar (iemand wat altyd hul palms na bo hou om geld te ontvang)
Kritmerker – Foutsoeker/Onderwyser
Paddapark – Dames toilette
Slangpark – Mans toilette
Tarra – ‘n Swart mens
Eurofraan – Europese Afrikaner
Njammaris – Fynproewer van kos
Vetaflasie – Anorexia/drasties gewig verloor
Vetopgrasie – Gewig optel
Sworrel – In die ronte draai/tol
Kloofduiker – Rokjagter
Komatoos - Iemand wat te veel slaap
-
Willa:
1. piepie-pos ... dis Email en snail mails wat gemors is en jou tyd mors en jy daarop wil piepie en dit sommer met piepie terug stuur .. nie dieselfde as p-pos wat die honne se email system is nie.
2. ou- geraamtetjie-dun (iemand wat so maer is)
3. pa-vruggie
4. ma-vruggie (vir iemand wat baie soos sy/haar pa/ma is)
5. druifbrein (Dronklap) Druif + brein (dronklap)
6. kroegboer – Wanneer 'n man gereeld in die kroeg kuier is sy 'n kroegboer
7. kroegvrat – Wanneer hy agter die kroegtoonbank wyn bedien is hy 'n kroegvrat.
8. wynstukkie of wyninlassie – Wanneer hy/sy in 'n drank advertensie optree is sy 'n wynstukkie of wyninlassie.
9. vetvuillap – (Iemand met los sedes) Jibsem van 'n vetvuillap wat geklap moet word dat die net sterretjies sien spat
10. Vostruispolitikus - ʼn draad sitter .. iemand want nie ruggraat het nie en nie dinge face nie, maar eerder sy kop in die sand steek al skop jy sy/haar gat
11. woordpereltjies – woorde wat die siel en hart aanraak.
Catbury:Jimpel - eiesoort woord
Gebruik : Jy maak my sommer jimpel met daai kyk van jou.
'n Mengsel tuseen "jags" en "simpel"
Woord : Monstersout
Engelse woord : Enos
Die kleuterskool juffrou gebruik monstersout vir haar kleuters wat vloek. Omrede dit so bruis in die mond is hulle vrek bang en glo die monstersout eet jou tong op as jy vloek.
Verder tem dit 'n "monster" sooibrand.
-
Sandkorrel:
1. Woordskeppingsprojek – Woes se Woord-bou Kompetisie
2. Woordbouters – Kinders (kabouters) wat woorde laat uitglip (ontwerp) vir die Woes Woordeboek.
3. Woordgogga – skrywers inspirasie
4. klouterbouters – kleuters
5. borsluisie – baba op borsvoeding
6. klingelklokkies – ʼn baba se lag (veral in sy ma se ore!)
7. mens-spens – jou maag
8. boorgatsous – water
9. droomloper – slaapwandelaar
10. Plonsput – put toilet – longdrop (Plonsput by ouma gekry. Sy vul gereeld blokraaisels in en sê die een is ʼn erkende woord.
11. piepiebalie – tjankbalie ('piepie' loop by ogies uit / ek reken dis ʼn meer disrespekvolle woord vir iemand wat huil oor als)
12. Vaakaard – ʼn Sogenaamde luiaard wat eintlik net vaak is.
13. skepetti – spaghetti (kinderwoord)
14. glip-en-gly-poeding/nagereg – jellie
15. snuitlappie / snotlappie – sakdoek
16. snuitdoekie / snotdoekie – sneesdoekie
17. Wharra-wharra – As mens oud word en uit woorde uit hardloop wanneer jy iets vertel, is hierdie ʼn goeie plaasvervanger om tydelik in jou sin te plaas, tot jy op die regte woord afkom! So, dis seker sommer ʼn nonsenswoord.
18. goorgat - suurpruim, in die sin waarna dit verwys na 'n onvriendelike, nors, onvergenoegde persoon
19. gevreet(tjie) - gesig(gie) Daardie baba het 'n ougat gevreetjie.
20. begoggeld - deurmekaar Met my begogel de brein kan ek nie fokus op...
21. fantabilooslik - "fantastic and fabulous"
22. woefkardoes - "doggy bag"
23. brakkie-pakkie - "doggy bag"
24. "njarrtjie" - kwaai nartjies! (proeswoord) klink asof die Niarrtjie nes ʼn hond grom.
25. armgat - brandarm wees / Nie 'n naald hê om sy gat mee te krap nie. (Wonder nou of dit hiervan afgelei is, want dit is omtrent soos spreektaal. Jy kan hom by homonieme ook gebruik. Die ander betekenis is natuurlik die gat in 'n kledingstuk waar 'n mou sou kon aankom.)
26. ketterbek - persoon wat baie erg vloek / Soos 'n ketter vloek.
27. kontantprater - vrypostig / kontant met die mond
28. suurstofdief – ʼn Persoon wat gaap.
Gedink ʼn gaap is aansteeklik? Dink weer. Die persoon wat langs jou gaap, persoon A, neem ʼn ekstra diep teug lug, met die nodige suurstof, uit die atmosfeer. Hierdie skielike, onverwagte aksie lok reaksie uit in die vorm van jouself wat ook nou gaap. Jy gaap nou as gevolg van ʼn gebrek aan suurstof in die lug, wat deur persoon A uit die lug uit gesteel is met sy gaap. As gevolg van die skielike gebrek aan suurstof in die lug, probeer jou liggaam opmaak daarvoor deur ook te teug na ekstra suurstof, in die vorm van nog ʼn gaap… en so kan ek aangaan.
29. kwyldepper - borslap
Die baba blaas so baie borrels dat ons sy kleertjies met 'n kwyldepper moet droog hou.
30. honkie-dorie - klopdisselboom, goed, wel. Als gaan honkie-dorie vandag dankie.
-
SueEe:
Griffelgonser -toetsbord/keyboard.
Griffelveër -delete.
Muisstert -cursor.
Muisplank -mousepad.
Prop en geniet -plug and play.
Hak en plak -copy and paste.
Vingerwese - Eenkant of alleen mens.
Kraaier of kraaiprater - iemand wat skinder, stories aandra, nie geheim kan hou nie.
Kwaaidraad - humeur/iemand wat gou kwaad raak.
Klankpluisies -earphones.
Soutskieter -deugsame persoon soos Moeder Theresa. Sout van die aarde.
Gemoedsmasker - gesig/gesigsmasker.
Soutsuurtjie -iemand met 'n onstabiele persoonlikheid.
Satynhart -mooi woord vir iemand met 'n sagte hart.
Traanwisselaar -over sensitive persoon.
BANK - Baie Amper Niks Kontant.
VBS - VingerBeheerStelsel (tv remote)
Dronkenskap of Depressie -Geutverdriet.
Hartseer -Sieltraan.
Geluk -Huppelweg.
Huil -Soutdruppels.
Rou -Staligtiet verdriet.
Alampie - Iemand wat altyd dinge
net-net misloop/verkeerd doen,of nooit op
tyd is nie
Bravodeer - Komplimenteer
Breinverlies - Dommigheid
Bloubal’asie - ‘n Bloubul Toeris in Durban
Cafèterra - Wegneem-etes
Cha’oesters - Staakers/optoggangers/ of mense wat chaos veroorsaak.
Domdommer - “Car-jack” vir vrouens (sorry girls)
Drukkie-woorde - Woorde van bemoediging
Emmerkop - Iemand wat baie slim is
Fratsman - Ongeluksvoël
Gorrelgat - Iemand wat vreeslik baie praat, maar eintlik niks benoeminswaardig sê nie.
(Eiendomsagente, Telèbemarkers)
Giggelpille - Anti-depres….? (prozac)
Giggelborrel - As jy so lag/verstik/proes.
Goue-gare-pare - Ou-getroudes
Geutverdriet - Dronkenskap, babbelas of depressie
Hemelhangsel - Baie lang persoon
Huppelweg - Pad na geluk gevind
Ierglas - Bier
Issipot - Iemand wat altyd argumenteer
Joujoune - Suinige persoon
Keeler - Koliek-baba
Kêkkelwater - Koffie (kuier)
Lamleesstof - Skokkende koerant opskrifte/artikels/berigte
Ma’mammie - Afrikaans vir Mama Mia
Nootgenot - Lotto of Dobbel
Oskar - Ossewa
Plasapie - Nat doek
Poepapie - As jy so lekker lag dat jy skoon poep (ek ken regtig sulke mense!)
Qu'ry - Lang ry mense (bank, poskantoor, lisensie kantoor)
Rooskamp - Bloemiste/Blommewinkel
Skotskoot - Whisky
Seeviagra - Oesters
Snakstrik - Strikdas of stywe belt
Snotsnik Movie - Tranetrekker
Sletpret - Wet-T-shirt show
Silwerdraad Dienskantoor – Haarkapper
Staligtiet verdriet – Rou process
Sieltraan – Hartseer
Soutdruppels – Huil/trane
Toerompels - Toeriste (Sjinese veral) wat alle winkels en besienswaardighede oorompel – bestorm)
U-draaier - Tweegesig/iemand wat kort-kort sy mind change
Versierstert - Flambojante jong man
Voel’nfok-pilletjies - (prozac)
Vakuumgesprek - Nonsens praat
Wilwag - Iemand wat altyd wag dat iemand anders die werk moet doen.
Of wat wag op beter dae beter geleendhede.
Xsie-stelsel - Stem (Voting)
Ystong - Skerp tong.
Ziep-Zip-Zappers - Wegsleep voertuie (Tow-aways)
Zoompers - Uitverkoping Fanatics
Zoopers - Diewe
Oesters - Seeviagra.
Drank - Hik-hik-koeldrank.
Verduideliking hoe afleiding vir woorde gemaak is:
Ziep-Zip-Zappers -
Hulle Ziep-Zip met spoed deur die verkeer (vleg deur die verkeer), en al die motoriste gooi mos 'n "zap-sign" (sign language) agterna, uit blote frustrasie.
Zoompers -
As daar 'n uitverkoping van enige aard is, dan Zoom hierdie huisvrouens mos soos bye om 'n korf. Ekke kon "ers" gelas het, maar dan klink dit dalk soos boomerangs wat nie terug kom nie... daaroor las ek eerder die "pers" want dit klink meer kras, net soos vrouens mos baklei oor daai laaste artikel op die rak...?
Zoopers -
Ons het as kinders altyd die woord Zoop "Zûp" gebruik as ons iets wil "leen" sonder die idee om dit terug te gee: "Ag Zoop my bietjie van jou chips" Sit die "ers" in meervoud, en dit verleen die daad van diewe pleeg...
Griffel-rebel = iemand wat nie skryf-reëls toepas nie.
Wortelwoorde = Wyshede / diep denke - wat woordeliks na die oppervlak (geopper) word.
Spore-woorde = Woorde wat diep spore in die gemoed laat. Gewoonlik iets wat lank daarna nog in die gedagtes ronddwaal.
Spookwoorde = Dit wat mens net in gedagte dink... en nooi sê nie.
Woordkwale- as mense stry oor wat woorde beteken.
Koukommer (KouEkommer)
Daardie gevoel van koue rillings....spokerig....of hoendervleis vel... ens.
Waarheidsvenster – Reality check in Afrikaans. (kan nie waarheids-spieël gebruik nie want mense staar hulself blind aan hul selfkwale…maar almal sien by die venster uit)
Donsiekind = Bogsnuiter of vroeë tienerjare.
Skommelkoors = Naarheid, kar-siek, see-siek ens.
Hekbarbaar = “gate crashing” of ongenooide gas.
-
Dwaal soos 'n gees deur die forumgange vanoggend. Wat 'n voorreg is dit nie om vanoggend weer deur ons woordskatte te grawe nie. As ek reg onthou was SueEe ons wenner. Tien volle jare later en ek wonder waar in die wereld is sy nou :icon_scratch:
-
Kan jy glo? Amper 12.000 keer gelees?