Bak en brou > Groente

RöSTI

(1/1)

adele:
RöSTI

500g aartappels
sonneblomolie
sout na smaak

Skil die aartappels en rasper dit grof.
Druk dit droog tussen kombuispapier.
Verhit ‘n lepelvol sonneblomolie in ‘n braaipan.
Plaas ‘n handvol aartappels daarin en versprei dit egalig.
Geur met sout en braai oor ‘n matige hitte tot gaar aan die onderkant.
Draai die “pannekoek” om en braai die anderkant ook tot gaar.
Hou warm.
Herhaal die proses totdat al die gerasperde aartappel gaar is.
Verhit dit in ‘n warm oond net voor opdiening.

 :grommit:

PM:
Dit klink maklik en heerlik!  Baie dankie vir die resep. 

Navigation

[0] Message Index

Go to full version