Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on August 02, 2016, 08:54:17 AM

Title: Uit 'n foto van 'n gebou deur 'n bom verwoes...
Post by: adele on August 02, 2016, 08:54:17 AM
Dis ʼn lewe wat verkrummel
onder knalwoorde van ons wat veinsvolmaak
bakstene rondgooi,
ʼn hartsgebou in puin lê

Bomwerpers in ons ingebou
snydende sarkasme verwarm ons binneste skeure
om dit met julle goedkeuring
as swart bindgare, te heg

So vind ons regverdiging,
ons gewete teenoor swakkeres rein verklaar
dog self geen samaritane
donkiehand verleen

Maar dan vind ek beskaamd
my foute, my hangkasgeraamtes versplinter
as Hy sy vingerskrif
in die sementstof rondom my verstil

©adéle theron
Title: Re: Uit 'n foto van 'n gebou deur 'n bom verwoes...
Post by: adele on August 02, 2016, 09:03:08 AM
'n wit "plakkerskamp" [Hermanstad, dink ek] buite Pretoria se mense is deur die EFF besoek ... en ONS blanke lesers van daardie artikels het daardie blankes gegooi met al wat baksteenwoord is, sleggesê, geskel ... noem maar ... omdat daardie armblankes kwansuis te sleg is om te werk, te vrot is om TV te kyk en te sien hoe die EFF hulle waarskynlik bedrieg, aan die neuse rondlei ...

Ek wil sien watter van daardie grootbek-"kommentators" sal die moed aan die dag kan lê om te oorleef in sulke omstandighede waaronder daardie mense leef, sou hulle weens ekonomiese regstelling of siekte of enige rede hulle werk verloor. Geeneen het hulp aangebied nie, geeneen het werk aangebied nie ...

MAAR ergste van als, geeneen het aangebied omgereeld daardie mense te gaan bystaan met Bybelstudie, of inligting rondom politiek of hulp aangebied met hulle probleme met die stadsraad nie ...
VANDAAR MY GEDIG ....
Title: Re: Uit 'n foto van 'n gebou deur 'n bom verwoes...
Post by: PM on August 06, 2016, 11:28:00 AM
onder knalwoorde van ons wat      veinsvolmaak
bakstene rondgooi, 

Adele, jy het 'n wonderlike gawe om met woorde te toor!

Daardie plakkerskampe van blankes is hartverskeurend.  Ek glo nie een van ons het begrip vir daardie mense se lot nie. 
Title: Re: Uit 'n foto van 'n gebou deur 'n bom verwoes...
Post by: adele on August 07, 2016, 03:13:41 PM
   :crybaby2:  dis waar. Dankie ook xx