Author Topic: rave party  (Read 10562 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
rave party
« on: September 25, 2011, 05:38:36 AM »
Ons woon 14 km soos die kraai vlieg van nekkies af. Nekkies is 'n ontspanningsarea, kampplek, wat ook al buite worcester, teen aan die Breƫrivier.
by nekkies gaan soms niks aan nie en soms word daar groot party gehou. die swallows kom elke jaar hier 'n bike saamtrek hou by nekkies, iets amper soos die buff in die kleine.

die naweek is daar 'n rave party aan die gang. ek het nie daar verby gery iewers in die naweek om te sien hoe baie mense daar is nie maar sulke geleenthede trek gewoonlik baie mense.

so teen half 5 vanoggend het ek wakker geraak, 'n draai geloop en kon toe nie weer slaap nie want ek hoor iemand raas iewers, dit klink soos ver af musiek, 'n boombox wat doef doef doef, al op die selfde wysie. Ek was al buite om te gaan hoor of dit nie by my werksmense se huise is nie maar hulle slaap almal en is dood stil.

Ek hoor toe dis aan die ander kant van die huis. Stap in daardie rigting en ek verdink een van die bure se werkers so 2 km van hier, en toe besef ek nee dit moet die rave party wees. Die ergste van als is, is dat ek half doof is so dat ek soms gehoor apparaat dra.
Ek wonder hoe voel en lyk die klomp wat daar doening is en hoe gaan hulle teen 9 uur vanoggend voel.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: rave party
« Reply #1 on: September 25, 2011, 09:00:59 AM »
Liewe land, 14 kilometer en jy wat half doof is hoor hulle.  Dan wil ek ook nie daar naby wees nie dankie.  Dit is vir die jongklomp. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: rave party
« Reply #2 on: September 25, 2011, 11:19:24 AM »
Klink vir my na 'n lekker party....
*The one and only AWESOME-EST


Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: rave party
« Reply #3 on: September 25, 2011, 12:11:36 PM »
ja PM en Worcester se een grand woonbuurt is so 4 km van daar en die lae koste huise so 2 km.

nou is hie rte veel dag geluide, kan nie hoor of dit steeds so gaan nie. sal vanaand daar verby ry waneer ek vir anton gaan aflaai en dan kyk hoe lyk die after thoughts.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: rave party
« Reply #4 on: September 25, 2011, 12:18:01 PM »
sjoe ek dink darem een aand van so party is genoeg???
*The one and only AWESOME-EST


Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: rave party
« Reply #5 on: September 25, 2011, 12:31:45 PM »
hulle het vrydagaand begin
ek dink hulle het hulle self nou uitgewoed
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: rave party
« Reply #6 on: September 25, 2011, 12:34:21 PM »
sjoe dit klink vir my wild!!
*The one and only AWESOME-EST