Author Topic: Oeeee... daai gewig!  (Read 1701 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Oeeee... daai gewig!
« on: May 05, 2013, 07:12:32 PM »

Hier by onse Woolies se parkeerplek is byna nooit parkering beskikbaar nie.  Jy  moet die parkering benader vanuit die hoofstraat of anders van ‘n hoer vlak uit ‘n ander straat.  Ek parkeer maar altyd daar bo en loop briek-briek af.  (Ek is nie so goed met opdraande uitry nie.)  As ek met pakkies terugkom, hyg ek my longe uit as ek bo by my kar kom.  Saans is dit verwoed besig daar.  Almal WIL om den dood daar gaan rondhang tot ‘n parkering oopgaan.  Dis ‘n in die rondte geryery tot jy ‘n plekkie kry. 
Elk geval, so loop ek ook weer daar af en aanskou die volgende met ‘n helse smile:
‘n Klein karretjie met klein wielietjies, die soort wat jy maar eerder op die gelykpad moet hou, staan botstil teen daardie hoogtetjie.  Botstil.  En genadiglik is dit ‘n manlike spesie agter die stuurwiel.  Ek dink dit is wat dit nog meer komies gemaak het vir almal wat die petalje gade geslaan het.  Agter die ou poefter van ‘n karretjie, staan die string motors.  Niemand kan vorentoe en niemand kan agtertoe.  The traffic came to a halt.  Met ander woorde, die parkeerplek loop net voller en die uitgang opwaarts – al manier hoe jy uit daardie constipated parkeerarea  kan kom is, wel, constipated.  Enigste manier vir die bestuurder van daardie karretjie was om vir sy vroulike passasier op die voorste sitplek te vra om uit te klim.  Ek word eers blou, want ek dog die arme vrou moet nou begin stoot.  Toe nie.  Dit is ‘n hoogswanger dame wat uitklim met ‘n gesig waarvan al die spiere òf op ‘n hopie trek, almal tegelyk, òf weer ontspan, almal gelyk.  Tussendeur staar al wat ‘n bestuurder is in daardie tamaai traffic jam, vir die arme vrou.  Ek wag dat sy die deur by die anderkant uit moet gooi, maar dit gebeur nie.  Ek wag toe dat sy ‘n paar woorde moet uiter, maar ook nie.  Sy hyg toe maar bultjie uit tot bo terwyl manlief met die vele ligter moustertjie sonder enige verdere gesukkel die hoogtetjie uitry, sommer so woerts en die moedertjie van sy spruit glimlaggend oplaai.
Aarde sluk my in.   Heuwels bedek my as ek daardie dame was.
++++
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oeeee... daai gewig!
« Reply #1 on: May 06, 2013, 08:33:50 AM »
O goeiste.  Die arme moedertjie.   :icon_biggrin: Gelukkig het hulle dit darem gemaak.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.