Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on May 11, 2013, 09:06:54 AM
-
Oo die bittersoet
van esdoring aroma
wat subtiel
teen die sintuie warrel
die knetter-klap
van hardekool stomp
wat klein kooltjies
in sonsondergang oranje
die nag instuur
-
Kuier ons mekaar lekker raak hier op die forum. Dankie vir die deel, dit is pragtig.
-
Daar is kiekies
In my gravure geheue
Kiekies groot en kiekies klein
Van die kiekies is geskeur
Sommiges is gefrommel
Hier’s ‘n kiekie in my boek
Wit en swart nes ‘n kiekie moet wees
En weggesteek in die skaduhoekies
Die bittersoet grynslag van ‘n lewe
‘n lewe propvol swaar en seer
Mmmm hier is ‘n kleine kiekie
Maar dis mos maman en papa
So elegant geklee
Veel meer so as wat die kiekie-boendoes vra
Is hul dalkies op ‘n piekniek uit?
Daar’s kiekies groot en klein
In die kiekie album van my lewensweg
Oumas en oupas van geslagte vergeet
En mense wat ek niks eens van weet
Bywoner-sinkkaia eensaam-eenkant tussen doringbos
Aai dis dan ouma dié
My eie ouma Hester
Daar’s haar vlegselbolla
Soos heerserskroon op haar hoof getooi
Hoe baie keer het ek nie haar kroon gevleg?
Hier is ‘n kiekie
Tantes Mary en Sandy, Maman
Staan die susters drie met arms gehaak
Skalkse laggies spelend op lippies vol
Hul oë blik die wêreld vierkant vas
As ek dan nou kyk
Na uncle Eric en Maman vasgevang in die kiekie
Dan kom die “ek wonder” gedagte
Skielik in my op, ek wonder, wonder, wonder
Was daar meer as wat die oog bespeur?
Daar’s kiekies in gravure geheue
Party geskeur nes die siel so vasgevang
En ander weer gefrommel en gevou
Met skadukolle van die lewe
In die hoekies ingevee
Dan is ek op die laaste blad
Klik, klik, klik die einde
Soos die sellofaan op projektor-wiel
Rol verlangetraan ‘n stofspoortjie oor my wang
Heimweë pluk, pluk mondhoek in ‘n laggie in
-
In daardie donkerste uur
Van die nag
Middernag-inkswart, en ook o so helder
My ontwaking plotseling
Intuisie vanuit diepste vrouwees
Deur jou sensueel silwer gletserlig
Wat hemels op my skyn
Ek, o ek, jou maagdesbruid
Refrain
Daar’s muskus in my passiefles
Borrelbruisend nectar uit my liefdesvrug
Laat jou glimmendglad lyf branderplank op my ry
Op die golwe van my eros
Passievol gevange in jou laggend oë
Die sagtheid van jou vingers vlietend in gewaarwording
Raak aan my
Betas my o betas my
Vou my knussies toe
In die fyne felheid van jou omhelsing
Koester my, beskerm my
Lief my
Maak my die hof
Refrain
Jou sagwarm asem
‘n kabbelende stroompie in my oor, deur my hare
Fluister soete niksies diep in my oor
So tussen jou tere omhelsing deur
Liefste liefste tere diertjie
Kus my, streel my
Terg my lyf, terg my borste
Laat jou vingers op my venus dans
Ontbrand, ontsluit my sinne borrelend in begeerte
Wagtend, wagtend
Op jou strelend sagte, hartstogtelike aanraking
Soete soete beminde
My soete maanlig geliefde
PM
vuurtjie, kiekies en maanlig geliefde is my keuse vir die boek as dit op drie (3) blaaie/ses (6) bladsye sal pas. indien nie se my seblief dat ek iets anders kan kies
-
Grote griet...
HOE het ek die gemis?
Hier is uitstekende werk wat met my hart praat
:mumum:
-
Uitstekend! :hello2: