Author Topic: Slegwees  (Read 3195 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Slegwees
« on: July 14, 2013, 09:28:59 AM »
Gister was die eerste dag in baie mane (volmane) wat ek nie my rekenaar aan gehad het nie.  Dit was 'n fees om net te rus en die buitelug te waardeer.  Ek het helder oordag voor die kampvuur gesit en vogeltjies, vlakvarke, bosbokke, njalas, rooibokke, zebra's, ens. gevoer en geniet.

Hier is 'n bobbejaantjie wat altwee sy hande verloor het.  Hannes reken hy moes aan elektriese drade gevat het.  Die mannetjie hardloop op sy twee agterbene soos 'n mens.  Dit was kostelik om te aanskou.  Dit is ook wonderlik hoe mens en dier kan aanpas onder sulke omstandighede. 

Wens julle was hier.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Slegwees
« Reply #1 on: July 14, 2013, 10:10:01 AM »
Soms moet mens net 'n bietjie kan wegbreek van al die harde werk ... wens ook ek was daar ... sou die bobejaantjie wou drukkie gee :-)

Die kant het ek reg deur die nag huis skoon gemaak en so bietjie op die forum geloer en gekuier ...  'n prag dag in Kaapstad en is ek nou reg vir Klaasvakie se besoek ...  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Slegwees
« Reply #2 on: July 14, 2013, 10:19:18 AM »
My groot probleem is dat ek fokus verloor as ek nie 'n projek druk nie.  Is een van daardie mense wat moet aanhou totdat die projek klaar is, want as ek dit los vir "annerdag" dan gebeur dit net nie.  Hierdie is 'n baie groot projek en dikwels verg dit elke greintjie van my deursettingsvermoe^ om aan te hou totdat dit klaar is.  Gelukkig is ek amper daar.  Nog net hierdie week oor en oor lees om die laaste foutjies op te spoor.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Slegwees
« Reply #3 on: July 14, 2013, 07:11:38 PM »
Ai Willa... maar as dit klaar is en daai huis is verkoop, gaan jy slaap soos 'n baba.
PM, ek verloor ook gou konsentrasie en belangstelling.  Jy sal sien as ek moet skryf, bv met Stomp. Glo nie ek sal ooit 'n boek kan doen nie. Nie eens twee hoofstukke. 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Slegwees
« Reply #4 on: July 15, 2013, 04:02:58 PM »
Ek het 'n vriendin wat baie lief is vir naaldwerk en enige kunswerk, maar nie een enkele item wat voltooi is nie.  Dit sal nie vir my werk nie.  Maak dit waarmee jy besig is klaar voordat jy 'n nuwe uitdaging aanvaar.  

Met skryfwerk weer het ek 'n hele paar goed wat neergepen is.  So nou en dan wip ek daardeur en verander hier en daar iets en dan gaan ek weer verder.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Slegwees
« Reply #5 on: July 16, 2013, 08:12:20 AM »
Ai, om goed te voltooi. Soms vat dit net so lank dat jy moed en hart verloor en daar is so baie idees wat roep. Dan is daar nog die aaklige selftwyfel wat so aanhoudend fluister, totdat daar nog 'n prent, storie, projek of gedig onvoltooid rondlĂȘ.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Slegwees
« Reply #6 on: July 16, 2013, 10:08:31 AM »
Is dit nie juis hoekom ons 'n forum het nie?  As ek twyfel vra ek my maatjies en gewoonlik gee elkeen sy eerlike opinie.  Soms help dit net om jou eie gedagtes te laat gaan en voila!  

Dit is nog heerlik hier in die bos en ek dink die "brekie" doen my goed.  Ek geniet die slegwees.   :angel4:
« Last Edit: July 16, 2013, 10:10:05 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.