Die Afrikaanse Forum
Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: PM on July 31, 2018, 09:33:54 AM
-
Kuier of kamp jy iewers matertjie. Ek het jou tussen die lyne verloor. Weet jy wat het van Anastasia geword?
Ons gaan vandag Thaba toe, sal later weer kom inloer.
-
Skiesie mater. Ek is hier :headbang: Skarrel tussen navorsing vir 'n familielid en tussen terugvoering en verder grawe het tyd my ingehaal. Was besig met 'n plasing vir die forum so midde alles en een verkeerde kliek op 'n X, toe is dit skoonveld en my moed in my skoene :crybaby2:
Noorderliggie loop ek so van tyd tot tyd raak op FB. Weet sy het 'n moeilike tydjie gesondheidsgewys.
-
Dankie vir die besorgdheid oor my, PM. Ek is maar besig so tussen die aanlyn skoolwerk en die veg teen die ouderdom en skete. Maar ek is hier, en ek is 'fighting fit'.
-
Sjoe! Dankie tog. Ek was ook al bekommerd dat jy ons weer verlaat het.
Ek is ook maar stillerig omdat die geld en die data my nie altyd goedgesind is nie. My seun praat daarvan om vir ons by die nuwe vinnige optiese kabels aan te sluit dan sal ons almal in die huis plafonvrye data he.
Kan nie wag nie.
:icon_bigsmurf:
-
Ek tel my seeninge vanoggend - ons het plafonvrye data diekant van die aardbol. Naas, ek lief jou uitdrukking!
-
Ek is vreeslik bederf met die sterretjies kombuis (soos liewe Heksie) data (plafonvry, sien!). My seun betaal dit, en ma werk heerlik daarop.
-
Ek is dankbaar dit gaan goed met julle almal. :hello2: Hierdie kant het die tyd my ook ingehaal. Sjoe, ek het gedink wanneer 'n mens met pensioen is het jy te veel tyd op hande. Nou het ek uitgevind "n mens" het te veel om te doen.
Iemand sĂȘ noudie dag: wanneer jy met pensioen is word jy 'n mens. Dan vertel vroulief vir jou - 'n mens moet nou hierdie doen en 'n mens moet nou daardie doen. :icon_biggrin:
Nastasie, ek hou ook van jou sterretjieskombuisdata. Pragtig.
-
Tussen julle drie word 'n mens slimmer en slimmer :headbang:
Die woordmandjie is afgestof en ek voel skatryk met my vonds: Plafonvrye data - sterretjieskombuisdata :notworthy: :book1:
-
Ek lief dit en gaan lees daar by Emmerentia se verwelkoming waar ek in haar afwesigheid van haar skinder.