Die Afrikaanse Forum
Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on June 20, 2011, 01:43:27 AM
-
Die Pantoen met sy herhalende versreëls is een van die digter se instrumente om te skep met slegs ses oorspronklike reëls wat stelselmatig verdubbel tot twaalf reëls. Muller beskryf dit as die eb en vloei van gedagtes/gevoelens/emosies - ritmies oorgedra, amper soos 'n wiegende mantra in sy uiteensetting van hierdie gewilde digvorm.
Strofe 1
Reël 1
Reël 2
Reël 3
Reël 4
Strofe 2
Herhaal reël 2 (strofe 1)
Reël 5
Herhaal reël 4 (strofe 1)
Reël 6
Strofe 3
Herhaal tweede versreël van strofe 2 (reël 5)
Herhaal reël 3 (strofe 1)
Herhaal vierde versreël van strofe 2 (reël 6)
Herhaal reël 1 (die heel eerste versreël van die gedig)
RYM IS OPSIONEEL
Cul-de-sac
Is daar geen omdraai meer
wanneer krake oopbek gaap?
Die pad is baie lank ...
meesleurend die dood se klank
wanneer krake oopbek gaap;
die lewe is hard my maat!
Meesleurend die dood se klank,
verby die groot vurk
Die lewe is hard my maat
Die pad is baie lank;
verby die groot vurk
is daar geen omdraai meer!
© Meraai vannie baai
-
Ek antwoord net vlugtig, manlief gaan nou-nou begin knor!
Ek kan nie wag om hierdie struktuur te probeer nie. Dankie vir die aandra en die mooi voorbeeld Raaitjie. :love7:
-
Geleendetyd!
Sal sy by die graf stil staan?
Pyn skiet deur haar liggaam.
Breek ‘n traan deur ‘n wimper,
wanneer oë gly oor die hopie grond.
Pyn skiet deur haar liggaam,
onthou van dit wat lief was,
wanneer oë gly oor die hopie grond.
Met verlange ver vandaan.
Onthou van dit wat lief was,
breek ‘n traan deur ‘n wimper,
met verlange ver vandaan,
sal sy by die graf stil staan!
© :angel12:
-
Ril die rillings hier teen my ruggraat af! Baie mooi Trappies! :hello2:
-
Amen PM! Trappies dit is seermooi :notworthy: :icon_salut:
-
‘n Hoephoep huppel vol lewe rond
waar die duikkloppershand tastend stryk.
Hy pik na bessies en boomwortelsap
langs die opgefrommelde stuk metaal.
Waar die duikkloppershand tastend stryk-
haar oë het soos doudruppels geblink
langs die opgefrommelde stuk metaal.
‘n Klingelklokkielied het sy gesing.
Haar oë het soos doudruppels geblink,
onbewus van die einde oor die bult.
‘n Klingelklokkielied het sy gesing,
haar laaste noot was vals verwring.
:grommit:
-
Pragtig geskryf Annie, ek sien die verhaal voor my afspeel.
-
Dit het sooooo vlot gevloei/lees dat ek nie eers agtergekom het dit is 'n 'stywe-struktuur' nie :notworthy: :icon_salut: :book1: