Die Afrikaanse Forum
Digkuns => Kom ons help mekaar => Topic started by: Ah Willa on April 03, 2012, 09:27:43 AM
-
Ek het hierdie gedig vanoggend gedig ...
dis iets helemal anders as wat ek normal weg doen en dis JULLE SKULD!
nou voel ek dom want ek verstaan nie eens mooi hoekom ek dit so doen ...
julle bytels en hammers sal nou BAIE waardeer word :wav:
Geloof
Onwillig,
tog;
verstoot
ongeloof
my geloof
wat weier
om 'n mosterdsaad
te wees!
Jou dwaas!
Jy kan
berge versit!
Maar nee;
jy weier
om te glo!
Jou onwillige
dwaas!
Genade
Groot
wag, ek het mos knieë!
Vader
verwyder
my ongeloof -
verruil dit
met U geloof,
sodat ek U
getrou kan volg.
Meer nog;
'n stukkende wêreld KAN weet
U is juis,
U kom gou.
© Ah,Willa!
:notworthy:
-
Ek hou sommer baie van jou gedig Willa.
Nou sit ek op hete kole om te hoor wat Raaitjie gaan sê. Sy is 'n meester op die gebied en sal gou vir jou raat kan gee.
Kom julle ander ook asseblief, Willa vra so mooi!
-
Sorry Madim, ma die plaashaas vista hubba vannie oep spasies ie. Hie wa ekke blei is totdi Ka'se vlak volgeplak.
As daar hu oep space is slat hul nes-op.
:icon_bigsmurf:
-
Naas, my baas, ek verstaan ook nog nie veel van die wit spasies nie .. ek is nie eens seker wat ek vanoggend gedoen het nie ... maar dit lees net soveel beter,
as alles op mekaar in 'n hoek ... maar ekke ook maar net 'n blond under cover ...
Dankie PM ...
sal ook graag wil hoor wat se Raaitjie en die ander ...
is al die los vas en die vas los waar dit moet wees ... ek kan mos nie spel nie :love7:
-
Willa dit is voorwaar 'n unieke gedigsuiteensetting. Die doel van witspasies in 'n gedig word meestal ingespan sonder die gebruik van leestekens, want die stem rus waar daar nes opgeslaan sou worre - in Naas se omgewing :)
Die witspasies was hier jou boustene waarmee jy 'n verfrissende gedig gekonstruktueer het. Welgedaan matertjie :notworthy:
-
Meraai dis julle wat my so beinvloed :toothy4:
ek was ook skoon stom geslaan oor die gedig ... was nie eens seker self wat ek doen nie ...
een ding weet ek baie mooi - hier is 'n plek om te leer en te groei .. dankie julle - PM as jy hier in die Kaap aanland gaan jy een groot vet druk van my kry .. jy weet ek deel nie maklik sulke dinge uit nie ... :coffee2: Raaitjie ek sal joune moet pos ... PM sal die res van julle names my drukkies gee :angel8:
-
Ek sê nooit nee dankie vir 'n drukkie nie, al het jy die drukkie verdien. :toothy4:
-
Geloof
Onwillig,
tog;
verstoot
ongeloof
my geloof
wat weier
om 'n mosterdsaad
te wees!
Jou dwaas!
Jy kan
berge versit!
Maar nee;
jy weier
om te glo!
Jou onwillige
dwaas!
Genade
Groot
wag, ek het mos knieë!
Vader
verwyder
my ongeloof -
verruil dit
met U geloof,
sodat ek U
getrou kan volg.
Meer nog;
'n stukkende wêreld KAN weet
U is juis,
U kom gou.
jou woorde gee vir my 'n groot wondergevoel van geloof, van "luister na Hom"
'n pennie in die poel.....
as jy jou eerste woorde in een reel sou plaas, so
Onwillig, tog; verstoot
ongeloof my geloof
wat weier om 'n mosterdsaad.....
dan sal ek die ; na 'tog' weglaat want die spasie gee reeds die idee van "wat nou?"
ek bedoel nie jy moet die woorde nou in een reel plaas nie, dis net om die ; uit te wys. die plasing in meer reels
versterk juis die gedagte wat jou woorde wil gee.
dieselfde by
Meer nog;
die volgende is dan die verduideliking van "Meer nog;" en sou 'n : beter wees maar ek sou dit ook weglaat, die spasie gee reeds die gedagte van "wag bietjie, hier volg mos iets"
[maar onthou, dit is jou gedig en jy wat besluit oor die leestekens]
die hele gevoel wat ek kry is een van ongeloof wat geloof verstoot, is dit reg?
dan klink dit of jou geloof eintlik weier om "te glo", terwyl geloof mos juis moet beteken jy glo.
en dan kom die besef weer dat daardie kleinste mosterdsaadjie se geloof al is wat ek nodig het want Sy genade is vir my genoeg, VAT dit net, Hy hou heeltyd Sy hand daarmee uit na my.
dankie dat jy hierdie wonderlike genade met ons deel :love7:
-
Dankie vir jou inset Adelé, ai dit is lekker om jou raak te lees. Ek mis jou.
-
Dankie Adele - ek WAARDEER dit so baie
Yip - dis nie ware ongeloof soos in een wat sê daar is nie 'n God nie, meer soos in, dit voel of ek nie genoegsaam glo nie - maar dan besef jy - geloof so groot soos 'n mostertsaad is al wat jy nodig het, en as dit nie eens so groot wil groei nie - is daar gebed en mag ons dit afsmeek van God :-)
veranderinge so aangepas
Geloof
Onwillig,
tog
verstoot
ongeloof
my geloof
wat weier
om 'n mosterdsaad
te wees!
Jou dwaas!
Jy kan
berge versit!
Maar nee
jy weier
om te glo!
Jou onwillige
dwaas!
Genade
Groot
wag, ek het mos knieë!
Vader
verwyder
my ongeloof -
verruil dit
met U geloof,
sodat ek U
getrou kan volg.
Meer nog
'n stukkende wêreld KAN weet
U is juis,
U kom gou.
© Ah,Willa!
-
Wils, ek sou die komma na "onwillig" ook wegneem. As jy die komma by "wag, ek het mos..." wil hou, moet jy die spasie wegneem, of die komma wegneem en die spasie hou. Die wit spasies dui juis die rusperiode aan.
-
Dankie PM
Geloof
Onwillig
tog
verstoot
ongeloof
my geloof
wat weier
om 'n mosterdsaad
te wees!
Jou dwaas!
Jy kan
berge versit!
Maar nee
jy weier
om te glo!
Jou onwillige
dwaas!
Genade
Groot
wag ek het mos knieë!
Vader
verwyder
my ongeloof -
verruil dit
met U geloof,
sodat ek U
getrou kan volg.
Meer nog
'n stukkende wêreld KAN weet
U is juis,
U kom gou.
© Ah,Willa!
-
Daar slat jy hom met 'n plank! Pragtig Willa. :love7:
-
:love7: ek lief die forum maaitjies en ek lief jou stukke meer (skies maatjies maar dis die waarheid - dis PM en Hannes se skuld!)