Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on August 24, 2018, 01:22:57 AM

Title: Ausie sit 'n Chinese en Griekse sakeman ore aan
Post by: Meraai vannie Baai on August 24, 2018, 01:22:57 AM
'n Nuwe gebou met drie identiese winkelfronte is op 'n besige voorstedelike pad gebou.

'n Chinese sakeman het die winkel naaste aan die stad gekoop en gesê hy sal dit as 'n vrugtewinkel bedryf want hy is gretig om mense oppad huistoe na werk te trek. Toe noem hy dit die Vrugte Paleis.

'n Griekse sakeman het die winkel naaste aan die voorstede gekoop en gesê hy sal 'n groentediens oprig om ondersteuning te kry van dié wat op pad is na die stad toe. Die naam sal Kwaliteit Vrugte en Groente wees.

'n Baie gemaklike Australian drentel toevallig ook daar verby en koop toe die middelste winkel. Toe hy gevra is oor watter soort besigheid hy gaan oprig het hy Greengrocery gesê en op die vraag wat hy dit gaan noem, het hy baie kordaat afgehak met
"Hoofingang"
Title: Re: Ausie sit 'n Chinese en Griekse sakeman ore aan
Post by: Naas on August 24, 2018, 05:10:41 AM
Slim Ausie.
Hier by ons aan die Weskus maak hy 'n viswinkel oop. Noem dit
"Die beste en varste viswinkel in die dorp"
Die eerste ou wat verbykom kla dat dit darem baie lank is. Hy sou die eerste woord weglaat. So word dit toe: "beste en varste viswinkel in die dorp"
Volgende ou kla dis te lank. Almal kan mos sien dis 'n winkel. Hoekom dit sê?
Toe word dit: "beste en varste vis in die dorp"
Sy vrou sê almal kan sien dis in die dorp.
By verander maar weer na "beste en varste vis"
Die inspekteur kom daar aan en vra of mens dan enige vis sou verkoop as dit nie vars is nie?
By haal toe maar die vars uit: "beste vis"
Sy Seun vra vir hom of hy vis sou verkoop as dit nie die beste was nie.
Moedeloos verander hy maar weer. Nou is sy winkelnaam net "Vis".

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ausie sit 'n Chinese en Griekse sakeman ore aan
Post by: Meraai vannie Baai on August 24, 2018, 06:08:44 AM
Ek kan nou wraggies aan niks dink nie om te skryf nie .. sien net VIS  :angel4:
Title: Re: Ausie sit 'n Chinese en Griekse sakeman ore aan
Post by: Anastasia on August 24, 2018, 06:37:45 AM
Soos die Engelsman sê: "Less is more..."
Title: Re: Ausie sit 'n Chinese en Griekse sakeman ore aan
Post by: Meraai vannie Baai on August 24, 2018, 06:59:41 AM
Daardie kan 'n Eenwoordgedig word... dink net as ons dit groooooooot uitdruk en in 'n winkelsentrum uitstal hoe gaan die mense stilstaan voor die ding om te soek na 'n prentjie daarby en kopkrap om uit te vis wat die vis nou eintlik voorstel. Ek sal graag met 'n kamera (op video gestel) daar wil wegkruip.