Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on March 27, 2011, 08:42:16 PM
-
Selfverwyt en vergifnis
Jy sit vasgevang in 'n diep duister poel;
van nagdonker wat jou siel gevange hou,
van eensaamheid wat jou elke asemteug verstik,
van selfverwyt wat oor jou gewete spoel.
Jy weet mos wát dit is wat jou daar laat beland het.
Jy ken elke verskuilde pad waarvan jy afgedwaal het,
elke klag wat jy aanhoudend teen jouself inbring
wat jou hande bewend in jou skoot laat wring.
Hoeveel mense sonder skuld en sonder rede
wil jy nog, skaamteloos en verwoed,
diep in dieselfde donker poel werp
om saam vir jou sondes te boet?
Gaan kyk in die spieël na jou gesig.
'n Mens wat deur sy Skepper hier geplaas is,
tog seker vir n rede, vir n ander doel
as om te drink uit ‘n selfbejammeringspoel.
Dit het nou tyd geword om jouself te vergewe,
om jouself in die oë te kyk en weer te lewe.
Kyk na die mooi lig op die horison,
dit is genade wat vir jou opkom.
Kyk links van jou is die hand wat ek uitreik,
daar regs is nog meer hande om te gryp.
Sien hierin die liefdevolle hand van God.
Gryp dit vas en trek jouself weer op.
-
Maggies PM. Nou is ek met spraakloosheid oor die kop geklits.
:icon_bigsmurf:
-
Hoekom Naas? Kry jou stem terug en kom vertel. :icon_biggrin:
-
Ek skrik maar so. As ek nie my stem verloor nie, verloor ek my water. Dalk kan Stof vir ons se waar my stem heen is.
:icon_bigsmurf:
-
Ag nee Naas, ek wil nou weet wat bedoel jy met jy is oor die kop geklits met my gedig. Kom vertel tog nou vir my in soveel woorde wat jy dink van my poging. Is dit goed of is dit sleg? Bring al jou voorstelle om dit te verbeter. Jy weet mos, my skryfwerk is vir my van die grootste belang en ek sal werklik enige raad en hulp om dit te verbeter met albei hande aangryp. Help asseblief!
-
Ek wil juis nie se nie, dan bly die kanaal oop vir ander om te las.
Ek sal jou 'n leidraad gee... "Dis positief"
Kom lesers help my hier. Wat dink ons van PM'pie se probeerslag?
:icon_bigsmurf:
-
:hello2:
Besonders. Dit het my nou laat dink aan iets wat ek dink Maretha Maartens gesĂȘ het (kan nou nie die presiese woorde onthou nie, maar dit kom op die volgende neer): "Wanneer God vergewe dan werp Hy dit in die diepste deel van die oseaan en sit 'n bordjie op:'No fishing!'"
Hoe durf ons dan eintlik aanhou om onsself daaroor te kasty.
Baie goed geskryf.
-
Dankie Fransi. Die gedig is by "help mekaar". Ek sou dit regtig graag wou afstof en poets. Julle hulp sal baie waardeer word.
-
Ek skrik maar so. As ek nie my stem verloor nie, verloor ek my water. Dalk kan Stof vir ons se waar my stem heen is. :icon_bigsmurf:
Dit is heel waarskynlik genasionaliseer in demokratiese belang pas nadat jy dit gaan registreer het verlede maand...
-
nog n treffer. hierdie een hoort in die bundel!!
-
ek deel ook graag 'n sterretjie aan jou
-
Baie dankie, ek :love7: julle.
:bootyshake: