Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Groente => Topic started by: PM on January 30, 2012, 11:22:31 AM
-
Pampoenkoekies.
Bestanddele:
500 ml droge gaar pampoen deur 'n sif gevryf of gepulp. (2 koppies)
30 gram (60 ml of 4 groot eetlepels) koekmeelblom
10 ml bakpoeier (2 telepels)
Halwe telepel sout
1 Eier
Olie om in te braai
Kaneelsuiker om oor te gooi
Suurlemoenskyfies.
So maak mens:
Meng die pampoen, meel, bakpoeier, sout en eier deeglik.
Bedek en plaas in koelkas vir 1 uur lank.
Verhit olie in 'n swaarboompot tot medium hitte.
Skep lepels vol in die olie en bak tot bruin.
Dreineer op kombuispapier.
Strooi kaneelsuiker oor terwyl die koekies nog warm is.
Sit voor met suurlemoenskyfies.
-
mamma maak die altyd wanr die familie kom
-
Chris is gek hierna, maar ek glo hy sal enige resep geniet solank dit pampoenkoekies is ....
PAMPOENKOEKIES
Deeg:
500ml gaar pampoen 2 eiers
20ml bakpoeier 3ml sout
300ml koekmeel 3ml koeksoda
30ml kondensmelk 5 ml asyn
Meng saam en bak koekies. Skep in vuurvaste bak.
Sous: (ek maak net helfte aan, anders bêre ek die res in vrieskas)
250ml melk 30ml margarien
125ml water stukke pypkaneel (Ek gooi sommer half teelepel fyn kaneel by)
500ml suiker 15ml mielieblom
1ml sout 2ml vanilla
Kook stadig saam tot dik. Gooi oor warm koekies.
of
KARAMELSOUS VIR PAMPOENKOEKIES
160g (200ml) suiker knypie sout
50g (60ml) botter/margarine 250ml melk
125ml goue stroop 2ml vanieljegeursel
Smelt die suiker, botter, gouestroop en sout oor stadige hitte.
Roer die melk bietjies-bietjies by en laat die sous net opkook.
Voeg die vanieljegeursel laaste by.
Giet die sous oor pampoenkoekies en laat dit ‘n rukkie in die lou-oond
staan sodat die sous kan intrek.
-
Pas na Kersfees! Ha-ha.
Dankie vir die deel matertjie.
As ons iewers heen gaan dan is my resepte net so ver soos die rekenaar en die Afrikaanseforum.
-
Njam njam, het ek nou lekker gesmul aan hierdie pampoenkoekies. Uit die boek uit! Dankie vir die deel Adele. :love7:
-
Ag lekkerrrrr, hier is ook nog 2 oor van die mengsel wat ek saterdag gebak het. Chris eet dit sommer vir poeding na aandete.... :toothy4:
-
Ek sien op die forum se deelname dat ek nie die enigste ou is wat gereeld terugkom vir resepte nie. Daar is darem 'n paar wat nie gewen kan word nie. :hello2:
-
Ek kom altyd terug om 'n reseppie op te pik. Sondag is ons 51 jaar getroud en ouma moet uithang. :love7:
-
Baaaie geluk en liefgroete daar. Ja, ek het netnou na Broodpoedingresepte gesoek.... En toe maar uit my kop een aanmekaargeslaan, oond nou afgesit, dis vir netnou se koffie.